Oosterland Krieket presteer

Selfvertroue en nederigheid gaan hand aan hand en die belangrikste is om as ‘n span en nie as individu te werk nie!

0
188
The Bulletin News

Vir die afgelope paar jaar is daar baie tyd en geld in die Oosterland Krieketkliniek ingesit en uitslae in die liga wys baie beslis dat die geleenthede en ontwikkeling van krieketspelers op hoë vlak gebeur! Die liga is tans aan die gang en elke week het die Oosies uitstekende krieketuitslae! Die eerstespan het in ‘n T20 wedstryd Ligbron Akademie afgerantsel! Die oorwinning was soet en met 7 paaltjies – Oosterland kon 140 lopies aanteken en het Ligbron in die 16e beurt almal uitgeboul gehad. Adriaan Prinsloo en Mfiso Mngomezulu het albei 51 lopies geslaan en Gerhard Engelbrecht het 4 paaltjies geneem.
Die tweede Krieketspan het HS Piet Retief gewen met 10 lopies en Curro met 7 paaltjies.
Die O/15 span het die afgelope week teen HS Standerton kragte gemeet: Daar is 213 lopies aangeteken en HS Standerton is uitgeboul vir net 68 lopies. Ruan Jacobs het 69 lopies aangeteken, Devon Smith 58 lopies en Marco Viviers 68 lopies en hy het 2 paaltjies geneem. Die O/14 span se wedstryde vind hierdie week teen H/s Ermelo plaas.
Die Dogterskrieketspan het H/s Standerton met 11 lopies gewen.
Mnr Nicus Boshoff wat die Gert Sibande krieketkoördineerder en afrigter by Oosterland is, glo dat dit in skole-krieket nie net die wen-tellings is wat saak maak nie. Dit is ook belangrik om aan die kriekespelers en leerders se karakter te bou. Selfvertroue en nederigheid gaan hand aan hand en die belangrikste is om as ‘n span en nie as individu te werk nie! Hy is baie opgewonde oor die toekoms van krieket by Oosterland en die leerkurwe van spelers wat hard werk en elke week verbeter!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here