Morgenson Virseker wenners

Na afloop van ‘n baie bedrywige en harde rugby seisoen kan Morgenzon Landbou Akademie die Virseker Trofee omhoog hou.

0
468
The Bulletin News
Morgenson Virseker wenners

Na afloop van ‘n baie bedrywige en harde rugby seisoen kan Morgenzon Landbou Akademie die Virseker Trofee omhoog hou.
Morgenzon Landbou Akademie se rugbyseisoen het afgeskop op 24 Februarie en met harde werk en baie deursettingsvemoë en verwagtinge triomfanklik op 18 Augustus 2018 ge-eindig waar hulle aangewys is as die Virseker Noordvaal Afdeling 4 (klein skole) wenners.
Morgenzon Landbou Akademie se uitspeel rondtes het begin met ‘n kwarteindstryd teen Swartruggens waar by Morgenzon landbou Akademie die knoop deurgehaak het met 67-3.
Daarna, die halfeindstyd teen Heilbron en die wedstryd beklink met ‘n telling van 31-12.
Die finaal was die afgelope naweek aangebied op Tukkies se velde teen Hoërskool Stella.
Lanties het die wedstryd veral met die voorspelers gedomineer en drie prag drieë was gedruk deur die vleuel Ruan Vunderink.
Ruan is dan ook as speler van die wedstryd aangewys. Die eindtelling was 37-15 in Morgenzon Landbou Akademie se guns.
Morgenzon Landbou Akademie se O/15 rugbyspan het tot met die kwarteindstryd gevorder en toe teen Hoërskool Edenvale verloor.
Landties se O/17 span het in die halfeindstyd die knieg gebuig teen Hoërskool Evander.
Opregte dank aan elke Landtie ondersteuner (ouers en groot ouers), asook aan elke borg wat saam aan hierdie seuns geglo het.
Punte is aangeteken deur Ruan Vunderink (drie drieë), Kyle Coetzee (een drie), Daniël Celliers (een drie) en die laaste drie is gedruk deur Ewoud Rossouw. Die ander 7 punte is aangeteken met die skopskoen van Ulrich Venter.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here