Meghan oorkom Anoreksia Nervosa

“Fokus op jou innerlike. Wees ’n mooi persoon vir jouself en die om jou. Vergeet van die skaal, gooi hom sommer weg.”

0
2176
The Bulletin News
Meghan Oelofse

‘n Besluit om aan die International Federation of BodyBuilders (IFBB) kompetisie deel te neem het groot veranderinge vir Meghan Oelofse gebring.
Gewig het ‘n groot rol In Meghan se lewe gespeel. Effens oorgewig op skool het die gevoel van ‘n innerlike konflik laat posvat. Klein dingetjies soos om nie maats se klere te kan aanpas nie het stadig maar seker ‘n obsessie met gewig begin word. Die skaal het ‘n al hoe groter rol begin speel in haar lewe. Meghan was nie meer gelukkig met haar uiterlike nie.
Meghan het begin om die skaal te besoek elke keer as sy iets geëet het. Sy het ‘n skamele 38kg geweeg. “Elke 100g het vir my ‘n verskil gemaak” se Meghan, Elke keer as ek iets geëet het, het ek op die skaal geklim.” Op die ouderdom van 17 is ‘n eetversteuring by haar gediagnoseer. Sy het Anoreksia nervosa gehad.
Haar eetgewoontes het veroorsaak dat sy verskeie kere in die hospitaal beland het. In matriek het sy besef dat sy ‘n probleem het. Die obsessie met die skaal was groot. Elke keer as sy iets geëet het, het sy skuldig gevoel en dan na die gimnasium gegaan om die kos weer af te werk.
Matriek afskeid het sy eie probleme gebring, die rok moes elke keer kleiner verstel word. “ ‘n Deel van jou wil nog steeds daardie dissipline toepas om min te eet” se Meghan “en die ander deel besef jy is siek.”
“Tydens die matriek vakansie het ek twee kilogram swaarder geword” vertel Meghan, “ek het ‘n Love-Hate verhouding met kos gehad. Ek moes dadelik terug gimnasium toe.”
Die besef dat sy siek is in 2017 het tot ‘n kruispad gedurende Mei 2018 in Meghan se lewe gelei.
Die groot stap om aan die IFBB (Bikini) kompetisie deel te neem is geneem en voorbereiding is getref. Sy het begin gesond eet. Iets wat sy vir ‘n baie lang tyd nie gedoen het nie. Sy het begin met goeie oefeninge. Vandag is sy ‘n fiksheid instrukteur by Fit City en studeer ook om as ‘n “personal trainer” te kan werk.
Die kompetisie was vir Meghan baie suksesvol en sy het tweede geeindig.
Per navraag het sy aan die Bulletin gesê dat die kostes baie hoog is vir kompetisie deelname. “n Bikini kos byvoorbeeld maklik R2000 en meer.
Meghan sê dat sy graag ander jong meisies wil help met hulle selfbeeld wat hulle gewig aanbetref. “Daar is baie meisies wat sleg voel oor hulle self” sê Meghan, “maer wees is ok as dit gesond is.”
Haar boodskap is “Fokus op jou innerlike. Wees ’n mooi persoon vir jouself en die om jou. Vergeet van die skaal, gooi hom sommer weg.” Familie ondersteuning tydens eetversteurings is baie belangrik asook die regte vriende volgens Meghan.
Tans is haar gewig nie veel meer as voorheen nie maar dit is nou ‘n gesonde lyf. Die bene is nie meer so opmerklik nie en het nou sigbaar plek gemaak vir spiere.
Die besluit om in die Bikini kompetisie deel te neem was ‘n reuse stap en ook ‘n groot uitdaging aangesien Meghan redelik skaam is en nog nooit so iets gedoen nie. By die kompetisie het sy amper kop uitgetrek maar uiteindelik besluit dat sy tot daar gekom het en baie tyd en opoffering gemaak het om tot op daardie punt te kom. Sy het deurgedruk en uitstekend gevaar.
Meghan het in die provinsiale kompetisie eerste in haar kategorie geeindig en ook die Puma span gehaal.

The Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here