Koue keer nie vissermanne nie

Radio Kragbron en Hoërskool Oosterland het ‘n uitstekenda dag aangebied nieteenstaande die wind en koue

0
136
The Bulletin News
Henlo Peens - Junior Wenner

‘n Besonderse koue, winderige oggend het die hengelaars begroet met eerste lig. Golwe het op Trichardtsfonteindam se waters gespeel. Water het selfs party hengelstaanplekke oorspoel.
Die dag het nie goed gelyk nie. Hengelaars het bespiegel of die vis enigsins gaan byt. Sommige hengelaars het gesukkel met die koue winde en het vroeg opgepak. Die meeste het egter besluit om deur te druk.
Die besluit om te bly was ‘n goeie een. Genoeg visse is gevang. Die meeste het by die 2-2,8kg merk gedraai maar toe die woord kom van een of twee visse oor 3kg was die vet op die vuur. Van nuuts af is daar aas aangemaak en die hoeke verskuil met geheime doepas en muties. Elkeen het sy eie resep om die visse te lok en deel dit nie maklik met enigeen nie.
Die water wat opspat by een visserman se aas het so ‘n groen skynsel gehad soos die toormiddels afwas. Die wind het gemaak dat die ingooi nie te diep was nie.
Elke keer as daar ‘n byt was het die hengelaars sommer kaalvoete die water in met skepnette, koue vergete. Net om gretig te was vir iemand om te kom inweeg.
Toe die nuus van ‘n vis van 4,66kg! Die manne het geweet, hier is grotes. Die groot vis het uiteindelik 5,04kg geweeg. ‘n Goeie vangs in water wat bekend is vir kleiner visse.
Hoërskool Oosterland en Radio Kragbron het baie moeite gedoen om die dag vir almal ‘n sukses te maak. Daar is die vorige dag amper regom die dam geloop om klein vlaggies met nommers op in te plant by die hengelstaanplekke. Groot pryse is ingesamel en daar was selfs stalletjies. Die manne by die pannekoek stalletjie het veral gesukkel om pannekoeke te bak in die wind maar hulle stalletjie was op die ou ent die warmste. Daar was worsbroodjies en selfs ‘n stoute “Irish coffee” teen die koue.
‘n Gedeelte van die inskrywingsgelde gaan aan Hoërskool Oosterland om hulle hulpfonds ‘n hupstoot te gee.
Die vissermanne het bewys dat selfs in die koue kan daar visse gevang word.
Radio Kragbron en Hoërskool Oosterland het ‘n uitstekenda dag aangebied nieteenstaande die wind en koue.
Grootste karp. Algehele wenner. Chris Watermeyer 5.04kg.
Kategorie mans: Grootste karp: Lukas Holts 4.66kg, Tweede grootste karp: Wynard Taljaard. 3.29kg, Derde grootste karp: Gert Pretorius 3.23kg, Vierde grootste karp. Andre Schroeder 2.92kg,
Vyfde grootste karp. Gert Bothma 2.88kg
Kategorie vroue. Grootste karp: Marie Coetzee 1.53kg, Tweede grooste karp: I. Dicks 1.48kg,
Kategorie: Juniors, Grootste karp: Henlo Peens 3.54Kg, Tweede grootste karp: Tasso Carzis 2.00kg.

The Bulletin News
C Watermeyer het die grootste karp uitgetrek en het met die groot prys weggestap

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here