Hoërskool Secunda deur na Virsekerbeker eindstryd

Secunda wen oortuigend met 44-10

0
664
The Bulletin News
Foto: Liesl Pretorius

Hoërskool Secunda wen hulle semi-finaal in die Virsekerbeker teen Hoërskool Alberton met 44-10.
Alberton teken die eerste punte aan nadat Secunda ‘n paar ongedwonge foute begaan het. Hulle het dit opgevolg met ‘n strafskop 5 minute later en het 10-0 voorgeloop. Dit was egter die laaste punte wat Alberton aangeteken het. ‘N puik agterlynbeweging is deur Thando Tsabalala afgerond en die telling het begin aanskuif vir Secunda. Tyron Ferreira slaag dan ook met die verdoelskop. Die mooi drie is kort daarna opgevolg met nog ‘n drie, die keer deur Kaptein Brandon Potgieter. Tyron verdoel weer en die telling skuif op na ‘n voorsprong vir Secunda met 14-10 op die telbord.
Warren Moolman sorg vir nog ‘n pragdrie net voor rustyd. Die skop slaag nie en die halftydtelling skuif op na 19-10. Die spel na halftyd kon beskryf word as Secunda se beste rugby van die seisoen. Hulle aanvalle is moeilik gestuit en Alberton is gereeld op die agtervoet geplaas en moes swig onder die druk. Secunda druk nog 3 drieë, 2 deur Thando Tsabalala en een deur Warren Moolman. Thando teken dus ‘n driekuns aan. Martin Venter het twee drieë verdoel en ook met twee strafskoppe geslaag.
Secunda wen oortuigend met 44-10 en kwalifiseer vir die eindstryd in die Virsekerbeker vir Grootskole.
Hulle kom eerskomende Saterdag teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi te staan.

The Bulletin News
Brandon Potgieter

The Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here