Gewilde inniPark fees Saterdag 25 Augustus

'n Fees waarna die inwoners van die Hoëveld elke jaar na uitsien.

0
549
The Bulletin News
Tjiff en Tjaff

Laerskool Secunda bied met trots vir die vierde jaar die inniPark Fees aan. Die fees het ‘n erkende gebeurtenis in Secunda geword waarna die inwoners van die Hoëveld elke jaar na uitsien.
Die inniPark Fees word in die groenstrook (reg onder die Sasol Klub) aangebied en is ‘n fees waartydens trots Suid-Afrikaanse produkte en ook plaaslike besighede bemark word. Die fees spog ook elke jaar met sowat 70 stalletjies waar feesgangers unieke produkte en geskenkies kan koop. Stalletjies is beskikbaar vanaf R400.
Hierdie fees vind plaas op Saterdag, 25 Augustus 2018. Daar is vier bekende kunstenaars wat gaan optree naamlik: Leah, Refentse en Die Campbells. Die gospelsanger en oudleerling van Laerskool Secunda, Dewald Gouws, gaan feesgangers ook vermaak. Tjiff en Tjaff gaan ook sorg vir kindervermaak!
Tydens die fees sal daar verskeie speletjies, springkastele, ʼn fietswedren en ‘n Mnr & Mej Fees aangebied word.
Kaartjies kan vooraf by die skoolkantoor gekoop word of by die hekke op die dag.
R80 Volwassenes
R50 Hoërskoolleerlinge
R30 Laerskoolleerlinge & jonger
R50 Pensioenarisse (met bewys van ID kaartjie)
“Like” gerus die Fees se Facebookblad “inniPark Fees” vir nuus oor die fees. Inskrywingsvorms vir die Mnr & Mej Fees asook die fietswedren is beskikbaar by die skoolkantoor.
Vir verdere navrae of inligting kontak gerus vir Lizelle by 017-634 7612 of skakel@secundalaer.co.za

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here