Kruik Gemeente hou Golfdag

0
414
The Bulletin News
Pastoor Rowland Jones op die eerste bof.

Die alombekende Augustus-winde op Graceland het 120 gholfers geensins afgeskrik toe hulle Saterdag aangetree het om deel te neem aan ‘n fondsinsamelingdag vir die projekte waarmee die Kruikgemeente besig is nie.
Pastoor Rowland Jones was in sy skik met die opkoms ter ondersteuning van die projekte waarmee Kruik besig is. Van die projekte sluit in Mosambiekuitreike, Danville en Cross Roads in Vanderbijlpark. Een van die grootste hiervan is die nuwe kapel wat op die Kruikperseel opgerig gaan word.
Die kapel sal hoofsaaklik aangewend word vir begrafnisse en troues. Die kapel sal uitsluitlik van klip gebou word.
Die sterk wind van 11 kilometer per uur het later gewoed tot byna 20 kilometer. Dit het egter nie verhoed dat uitstekende punte aangeteken word nie. Die spelformaat was “four ball alliance” met die twee beste tellings van die vierbal wat tel. Spelers het meegeding om pryse geskenk deur menige borge.
Rowland het groot dank uitgespreek teenoor al die spelers wat deelgeneem het asook al die borge wat mildelik bygedra het tot die sukses van die dag naamlik: Proconics, EOH, Waypoint, Elegance Electrical, Supa Quick, JCI, MS Projects, Specialise Rigging, Marlboro Crane Hire en Streicher de Swardt Prokureurs.
Verskillende memorabilia was opgeveil ter stywing van die fondse. Onder andere was daar geraamde fotos van Joos van der Westhuizen, AB de Villiers, al die Springbok rugbykapteine van toet tot nou, om maar ‘n paar te noem. Die manne het waarlik hande diep in die sakke gesteek vir hierdie goeie saak.
Elke speler wat deelgeneem het, het ‘n prys gewen. Spesiale pryse was op die spel vir die langste drywe vir mans en dames asook naaste aan die pen op die kort gate vir mans en dames. Louise Saaiman het weggestap met die langste drywe op gate 8 en 16. Langste dryf op no 10 was Martin Odendaal en op no 7 was dit Francois Jonker. Naaste aan die pen op no 6 was Martin Odendaal, op nommers 9 en 15 was Marthinus Venter, Graceland gholfklub se Voorsitter.
Die wenners vir die dag met ‘n allemintige telling van 103 punte was Danny Grobler, Daan Smit en Jared Davies.
Tweede met 102 punte was C van Schaik, D Otto, Z Naudè en B Funnel.
Derde was Riaan, S v Niekerk, RJ Ferreira en Francois Trollip.
Na aanleiding van die geselligheid in die kroeg, was dit duidelik dat almal die dag geniet het.
Berig en fotos deur Jan Ferreira.

The Bulletin News

The Bulletin

The BulletinThe Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here