J.Reitz Ope stoeikampioenskappe

0
149
The Bulletin News
Op die foto: VLNR Voor : Willem Rossouw, Jordan Webb, Nico van den Berg ( Stoeier en Afrigter), Zara D’Abbadie ( Stoeier en Afrigter). Middel: Nathan Webb (Afrigter), Reagen Meyer, Zak Manaia. Agter: Rick Robertson, Tiaan Carelse, Hein Meyer.

Secunda Stoeiklub het op Saterdag – 4 Augustus 2018 – deelgeneem aan die J. Reitz Ope Stoeikampioenskappe in Pretoria.
Daar het 622 stoeiers deelgeneem aan die Ope Kampioenskappe en daar is op 7 matte gestoei.
Secunda Stoeiklub se stoeiers het goed presteer.
Zak Manaia – Silwer Medalje in die Skole President. Tiaan Carelse – Goue Medaljes in Skole President en 0/11 jaar. Jordan Webb – Goud in die Skole President. Zara D’Abbadie – Bo 17 jaar Vroue – goud. Nico van den Berg – Silwer in Senior Vrystyl en Brons in Junior Vrystyl.
Secunda Stoeiklub is trots op die stoeiers se prestasie wat behaal is in so ‘n groot Stoeitoernooi.
Die Stoeiers van Secunda Stoeiklub is besig om hard te oefen vir die Interprovinsiale Toernooi tussen Mpumalanga, Oos Gauteng en KwaZulu Natal wat op 1 September 2018 plaasvind te Alberton.
Die Mpumalanga Span was verlede jaar die wenner van die toernooi.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here