Oosterland Seunshokkie

Die pad na hulle sukses was ‘n harde een

0
436
The Bulletin News

Die Eerste Seunshokkiespan het die afgelope naweek ‘n uitstekende Noordvaal Kampioenskap beleef! In die 0/19 A-liga groep, eindig Oosterland se span vierde en klop groot hokkieskole soos Menlopark, H/s Middelburg, en Potch Gim. Die Direkteur van Noordvaal hokkie, Shaun Hulley, het spesiale vermelding gemaak oor die uitstekende spel en disspline van hierdie Oosterland hokkieseuns. Hulle was die enigste span in Mpumalanga wat so ver gevorder het in die A-liga.
Die pad na hulle sukses was ‘n harde een: Tydens die uitspele Vrydag en Saterdag het hulle in hulle groep gespeel teen Potch Boys High, Potch Gimmies in die kwarteindrondte (3-1 gewen), H/S Garsfontein in groepfinaal gespeel, en toe tydens die uitspele vir derde en vierde plek in die kampioenskap verloor hulle 2-3 teen H/s Pietersburg. Hierdie wedstryde het hulle gespeel met Kenan Uzunoglu wat 5 steke onder die ken gekry het, Vernon Kruger 5 steke gekry het en Dan Sithole het steke op die kneukel gehad, maar hierdie seuns het hulle beste hokkie gespeel ten spyte van al die struikelblokke in hulle pad.
Die afrigter Mnr Jensen het die spelers geprys vir toegewyde spel die hele seisoen en daar het op die skool se Facebook Blad positiewe kommentaar ingestroom van toeskouers van ander skole wat die wedstryde gade geslaan het en beindruk was deur die Oosies se hokkievernuf en dissipline. Die O/14 en Eerste dogterspanne van Oosterland neem eerskomende naweek deel aan die Noordvaal uitspele in Nelspruit en Potchefstroom.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here