Hengelfees by Trichardtsfonteindam

Die hengelfees word ‘n fees genoem omdat daar ook nie-hengelaars sal wees vir die dag.

0
123
The Bulletin News

Op die 9de Augustus sal die visstokke die walle van die Trichardtsfonteindam versier in HS Oosterland en Radio Kragbron se hengelfees.
Die dag belowe om iets vir elkeen aan te bied.
Pryse van meer as R55000 is op die spel.
Die hengelfees word ‘n fees genoem omdat daar ook nie-hengelaars sal wees vir die dag.
Meeste mense sal hengelaars wees maar daar sal baie mense wees wat nie hengel nie. Dis hulle wat dit dan ‘n fees sal maak.
Daar sal stalletjies wees vir mense wat dalk wil rondloop en nie visvang nie, of hulle bene wil rek.
Die groot dag gaan egter om die hengelaar. Inskrywingsgeld is R180 per hengelaar. Of jy nou kind, vrou of man is, is die prys dieselfde.
Hekke word teen 6 uur die oggend oopgemaak en die hengel begin dan om 7uur.
Die hengel sal tot 15h00 geskied met die prysuitdeling wat om 15H00 sal begin.
Almal hengel vir een spesie naamlik Karp. Ander visse gaan nie geweeg word nie. Die grootste karp wen die prys, ongeag wie hom gevang het.
Hier is so ‘n paar reëls.
Geen bote word toegelaat nie. M.a.w. geen roeibote, aasbote en ander tipe bote nie.
2 stokke per hengelaar met twee katrolle (een per stok) en 4 hoeke.
Kan slegs vanaf oewer ingooi. Hengelaars mag ook nie inloop nie.
300 hengelaars word toegelaat met genoeg spasie tussenin sodat die lyne nie moet oorkruis nie.
Daar sal beamptes wees wat ronbeweeg om die visse in te weeg. Visse wat geweeg was sal dan dadelik weer terug in die water gelaat word. Hounette kan net vir baie kort periodes gebruik word.
Geen visse gaan gehou word nie.
‘n Paar aaswenke
Gebruik sterk geure aangesien dit nou winter is.
Knoffel is altyd ‘n goeie geur.
Raad kan by Willie Moll gevra word by Hookit. Willie ken die dam baie goed.
Stalletjies sal naby die windpomp wees en weg van die hengelarea. Stalletjies is gratis.
Die enigste beperking is dat daar reeds vir genoeg kos voorsiening gemaak is, m.a.w. kosstalletjies is dan taboo.
Die Stoep van Bronkhorstspruit kom kos maak vir die dag.
Dit belowe om uit die boonste rakke te wees.
‘n Interessante diens wat aangebied word is dat daar ‘n spyskaart vir die hengelaars gegee sal word en dan sms hulle, hulle bestelling deur en dit sal dan by hulle afgelewer word.
Geen vure word egter toegelaat nie. Die Hoëveld sal baie droog wees en baie kan verkeerd gaan, veral met die Augustuswinde saam.
Daar is ‘n whatsapp groep gestig vir mense wat inligting ens. wil hê.
Kontak Thinus by 0768508329 om ingesluit te word op die groep.

The Bulletin Newspaper

The Bulletin Newspaper
Rolin en Wessel Booysen met pragtige karp.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here