Goedehoop Super 12

0
382
The Bulletin News
Krieket Super 12 Voor: Luan Lottering, Henro Bruwer, Jayden Schnuïr Middel: LJ Venter, Jean du Toit, Leandré Matthysen, Henrico Fourie, Tian Steyn, Ruben Horn, Dirk Munnik, Tyron Moolman

Super 12 Krieket
Goedehoop se O/13-Krieketspan het vanaf 11-14 Julie in Rustenburg gaan deelneem aan die Super 12-Skole krie-kettoernooi. Beide die A- en B-divisie van die Super 12-skole neem aan die toernooi deel, so die gehalte krieket is van ‘n baie hoë standaard. Daar is teen skole soos Menlopark, Florida, Rustenburg, Randhardt, Kollegepark en Stephanus Roos deelgeneem. Goedehoop het 2 pragtige wenne behaal teen L/S Florida en L/S Stephanus Roos. Die ander wedstryde was almal naelbyters en die seuns het te alle tye hul beste gegee. Twee van ons kolwers het ook gedurende hierdie toernooi hul 100-talle aangeteken. Baie geluk aan Henrico Fourie en Jayden Schnuïr vir hierdie pragtige prestasies.
Goedehoop eindig uiteindelik 15de van die 20 skole wat deelgeneem het. Hulle sien reeds uit na volgende jaar se toernooi om te gaan probeer verbeter op hierdie prestasie.
Super 12 Hokkie
Die Hokkie Super 12 het plaasgevind op 20 & 21 Julie 2018 te TUKS, slegs die o/13-seuns en –dogters het deelgeneem.
Die dogters eindig 11de uit 24 skole en 3de in hulle poel, die seuns eindig 8ste uit 17 skole en 2de in hul poel.

Hokkie Super 12 o/13-dogters
Voor: Zanthé Smit, Liane Parkes, Shani Greyling, Ané Botha Middel: Charissa Stapelberg, Cherise Stapelberg, Ulindi de Vos, Diné de Klerk Agter: Me. Mariëtte Boyley, Delené Botterill, Lana Hyman, Carla Stoltz, Chené de Bruin, Enya Munnik

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here