Brief van Genade

Om n byeenkoms soos Trap om Genade te reel is soos om n legkaart te bou

0
524
The Bulletin News

Om n byeenkoms soos Trap om Genade te reel is soos om n legkaart te bou, daarom wil ons vir elke legkaart bouer se “Dankie”.
Dankie vir die Bulletin wat ons die geleentheid gee om dit te doen. Vir julle hulp met die bemarking en julle onbeskryflike entoesiasme. Dat julle so in ons geglo het dat tussen julle en Lake Umuzi ons, ons eerste 3 fietse gekry het. Multilink vir hulle hulp met bemarking. Dankie aan Hannes Erasmus wat vir 2 weke aan die roete vir Trap om genade gewerk het. Vir JVS Scaffolding ook n baie groot dankie vir die strukture by die begin en einde, maar meer as dit vir die bruggies om die roete nog beter te maak.
Proconics wat se ruiters opgedaag het met entoesiasme, vir die maatskappy vir hulle finansiele ondersteuning en borge aan hulle spanne en die laerskool spanne.
MegChem het hulle baie ingewikkelde maar so handige tyd opname stelsel aan ons geleen vir die dag, dankie vir Werdich Smit wat die verandwoordelikheid daarvoor geneem het. MegChem dat hulle gehelp het met die reëlings en die borge van fietsies.
Om die fietsryers te bederf het ons lootjies en sports pakkie gehad en daarvoor se ons dankie aan Cappuccino’s, Bosveld Lapa, Saley’s Cycles en Transvaal Electrical Motors.
Om die fantastiese atmosfeer te skep, het Mariska en Altus ons heeldag vermaak met musiek. Dankie vir Goedehoop se trompoppies en Babbelbekkies asook Oosterland se orkes wat by ons opgetree het. Dit was pragtig soos altyd.
Langamed se span wat ook met groot entoesiasme en omgee die skraap plekke wat wel op die dag gebeur het, versorg het, baie baie dankie.
Vir kontant bydrae om fietsies te koop, dankie is so klein woord. Noma Kanjane, Gemini, King Fisher, MegChem.
Op die laaste het Comfort loo’s badkamers hier kom aflaai reg lngs die baan, om seker te maak die fietryers geen tyd hoef te mors nie. Dankie vir julle vinnige reaksie en moeite vir die dag.
Saints Sports Cycles het van Johannesburg af gekom om die fietsryers by te staan met tegniese hulp. Almal was sommer weer vinnig terug op die roete.
Dan is ons ook baie dankbaar vir al Genade Plaas se bure wat so geduldig was met ons wat in en uit was om die roete te doen en hulle lewens vir eendag om die fietsryers beplan het. Baie dankie aan almal. Sonder julle sou dit onmoontlik wees om so dag n sukses te maak. Ons dink tog dit was ‘n reuse sukses. Sien julle volgende jaar 27 Julie.

The Bulletin News

The Bulletin News

The Bulletin

The Bulletin News The Bulletin News

The Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here