Manie vereer vir diens aan stoei

Manie het die SA Stoeifederasie se Honoris Causa toekenning ontvang vir 25 jaar as lid van SA Stoeifederasie se uitvoerende bestuur waarvan die laaste 22 jaar as Sekretaris Generaal van die SA Stoeifederasie.

0
518
The Bulletin News
Manie ontvang die SA Stoeifederasie se HONORIS CAUSA vir 25 jaar lid van SA Stoei se Uitvoerende Bestuur van Jeanne Coetser

Saterdagaand, 30 Junie 2018, na afloop van die SA Kadet, Junior en Senior Stoeikampioenskappe wat in Newcastle plaasgevind het, het die SA Stoeifederasie sy jaarlikse meriete, “capping” en spesiale toekenningsaand gehou.
Manie van den Berg het sy “capping” ontvang as Protea spanbestuurder van SA Stoei se Senior Proteaspan en daarna het Manie die SA Stoeifederasie se Honoris Causa toekenning ontvang vir 25 jaar as lid van SA Stoeifederasie se uitvoerende bestuur waarvan die laaste 22 jaar as Sekretaris Generaal van die SA Stoeifederasie.
Manie het SA Stoei op verskeie internasionaal geleenthede verteenwoordig.
Hy was tot en met 1995 ‘n internasionale stoeiskeidsregter wat o.a. vir Suid Afrika opgetree het tydens die 1995 Afrika Spele in Harare.
Hy het verskeie Internasionale stoeivergaderings en -aangeleenthede names SA Stoei bygewoon o.a. die 2000 Olimpiese Spele in Sydney, 2004 Olimpiese Spele in Athene, 2012 Olimpiese Spele in London en 2014 Wêreld Senior Stoeikampioenskappe in Uzbekistan en verskeie Afrika stoei aangeleenthede.
Hy was in beheer van die 1998 Wêreld kadet stoeikampioenskappe in Pretoria, in 1999 die Afrika Spele in Johannesburg, in 2005 die Statebond Stoeikampioenskappe in Stellenbosch, in 2006 die Afrika Senior kampioenskappe in Pretoria en in 2013 die Statebond Stoeikampioenskappe in Kempton Park.
Hy was vanaf 2013 tot 2017 Visie–President van die Afrika Stoeifederasie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here