Radio Kragbron en Hoërskool Oosterland Secunda Hengel Fees 2018

0
760
The Bulletin Newspaper
Rolin en Wessel Booysen met karp gevang by Trichardsfonteindam

Radio Kragbron en Hoërskool Oosterland (Secunda) bied ‘n hengelfees aan op 9 Augustus te Trichardtsfonteindam vanaf 07h00 tot 15h00.
Vir die Hengelaar: Bring die aas, bring die stokke en wen groot pryse.
Inskrywingsgelde beloop R180.00 per hengelaar, mans, vrouens en juniors.
Vir die nie-hengelaar is dit heeltemal gratis, kom piekniek, kom kuier, en geniet die vele stalletjies en uitstalings
Kaartjies te koop by Radio Kragbron, Hoërskool Oosterland (Secunda) en Hook It in Trichardt.
Hengel is natuurlik die groot trekpleister, met baie pryse wat te wen sal wees.
Daar word net gehengel vir Karp en die grootste Karp vat die grootste prys. Dit kan deur enige een gewen word, man, vrou of kind.
Daarna sal daar verskeie ander pryse wees vir mans, vroue en juniors.
Omdat dit n’ fees gaan wees, nooi ons mense uit om stalletjies daar te kom opsit asook motorhandelaars wat hulle voertuie daar wil kom uitstal ens.
Hulle kan vir Line De Vries kontak 082 786 0134 vir stalletjie staanplek.
Dit is vrouedag, en wie wil nou by die huis sit, kom vang vis, kom piekniek kom fees.
Meer inligting kan verkry word deur Thinus te kontak by 076 850 8329 en deur te luister op Radio Kragbron 93.1 fm en 104.9 fm vir meer inligting.

The Bulletin Newspaper

 

Caption: Wessel en Rolin Booysen

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here