HS Secunda presteer by Mpumalanga Uitspele

HS Secunda presteer uitsondelik

0
38
The Bulletin Newspaper
1ste Rugbyspan Jandre Mathee

Hoërskool Secunda se wintersportspanne het die afgelope Saterdag regoor die provinsie aan verskeie Mpumalanga uitspele deelgeneem en uitsonderlik presteer. Hier volg die uitslae:
Rugby
O/14A klop HTS Ligbron 12 – 7 en kwalifiseer vir Mpumalanga Grootskole Finaal
O/15A verloor ongelukkig in semi-finaal 12 – 29
O/16A verloor ongelukkig in semi-finaal 17 – 20
Eerstespan klop Piet Retief 56 – 21 en speel vir 4 agtereenvolgende jaar in Mpumalanga Grootskole Finaal
Die Mpumalanga Grootskole Finaal sal na die vakansie gespeel word.
Netbal
O/14A eindig tweede in Mpumalanga
O/17A eindig vierde in Mpumalanga
Eerstespan eindig derde in Mpumalanga
Die O/14A en Eerstespan kwalifiseer dus vir die SA’s wat gedurende die vakansie plaasvind. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die Eerstespan kwalifiseer vir die SA’s.
Hokkie (Meisies)
O/15A verloor ongelukkig in uitspele
O/16A verloor 0 – 1 teen HTS Middelburg en klop Lydenburg 2 – 1
Eerstespan speel gelykop teen Volksrust 1 – 1 en klop Hertzog 4 – 0
Albei spanne kwalifiseer dus vir die Mpumalanga kwart – finale
Hokkie (Seuns)
O/14A klop HTS Witbank 4 – 1 en verloor teen MHS 3 – 5
O/15A klop Rob Ferreira se O/16 span 2 – 0
O/16A verloor albei wedstryde
Eerstespan klop Lydenburg 3 – 0 en speel gelykop 0 – 0 teen Highveld Park
Al die spanned ring dus deur na die tweede been van die Mpumalanga uitspele wat eerskomende naweek plaasvind.