Secunda ruiters presteer in WMG

Verskeie ruiters van Secunda het presteer

0
322
The Bulletin News
Magdaleen van Staden op Copper Photo by Adele Smit

Verskeie ruiters van Secunda, wat ry vir die Trichardt Equestrian en Bethal Polo Cross klubs, het Saterdag, 9 Junie aan die vierde kwalifiserende rondte van die SANESA (South African National Equestrian Shool Association) SAWMGA (South African Western Mounted Games Association) Western Mounted Games by die Ermelo Skougronde deelgeneem. Ruiters van Secunda, Trichardt, Bethal, Delmas, Ermelo, Piet Retief, Middelburg, Morgenzon en Nelspruit het in vyf klasse – Quadrangle, Hurry Scurry, Keyhole, Bi-Rangle en Speed Barrels meegeding.
Twee van die ruiters het besonder goed gevaar en is as Kampioene in hulle onderskeie afdelings aangewys. Magdaleen van Staden op haar perd Copper is in die Gestremde Vlak 0 Lead Reign afdeling as die Kampioen aangewys. Wilru de Vries (Hoërskool Secunda) op sy perd Aurora is as die Kampioen in die SANESA Hoërskole Vlak 1 aangewys, asook die Kampioen in die Ope Vlak 1 afdeling. Beide hierdie ruiters ry vir die Trichardt Equestrian klub. Ruiters wat ook goed presteer het, was Bismark Jansen (Laerskool Goedehoop) op Caramelle wat aangewys is as die Reserwe Kampioen Laerskole Vlak 1 en hy ry vir die Bethal Polo Cross klub. Marizelle Meyer op Vanilla was die Reserwe Kampioen in die Ope Vlak 0 en Rhodé van Staden op Chatterfly was Reserwe Kampioen in die Ope Vlak 1 afdeling. Beide hierdie ruiters ry ook vir die Trichardt Equestrian klub.
Ander Secunda ruiters wat deelgeneem het, was: Linkie Els op Black Beauty (Laersool Kruinpark) van Bethal Polo Cross klub – Vlak 0; Pieter Meyer op Charade van Trichardt Equestrian klub – Vlak 1; Anina Slabbert op Autumn Star van Trichardt Equestrian klub – Vlak 2; Jennie-Lee Redman op Diamond van Trichardt Equestrian klub – Vlak 2; Josua Jansen op Twilight van Bethal Polo Cross klub – Vlak 0; Druan Meyer op Omega van Trichardt Equestrian klub – Vlak 1. Adele Smit

The Bulletin News
Wilru de Vries op Aurora Photo by Adele Smit

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here