Swartgoud Fees vier 25 jaar

Oud en jonk kan uitsien na die fees.

0
1487
The Bulletin News
Krielpark Laerskool sportgronde is 'n miernes van bedrywighede

Nooit sou die organiseerders in 1994 kon dink dat hulle 25 Jaar later op die vooraand sou staan van die Fees se 25ste herdenking nie. Om hierdie mylpaal te vier het die organiseerders ‘n naweek vol aktiwiteite vir die hele gesin op 8 & 9 Junie in Kriel by die Krielpark Laerskool Gronde beplan. Ouder gewoonte is daar ‘n weie verskydenheid uitstallers om van te kies en te keur. Oud en jonk kan ook uitsien na die pretpark, Georgies se springkasteel wêreld, nuwe motorhandelaars waar onder andere Eastvaal Witbank & Westvaal Secunda asook die Groep van Xact Trac in Witbank wat te sien gaan wees. Die Biertuin gaan sorg dat feesgangers in kampvuur atmosfeer niks misloop nie en die Springbok Engeland Rugby Toets gaan juis op Saterdag 9 Junie om 17:00 hier geniet kan word. Die Talent kompetisie finale ronde is op die hoof verhoog te sien saam met die immergewilde Model kompetisie en vertonings deur PJ, Fatman, Dozi en Ray Dylan. Verskeie opkomende kunstenaars gaan ook op “Stage 2.0” te siene wees waar die organiseerders vir opkomende talent bemarkings geleentheid gaan bied. Die samekoms van Klassieke motors is natuurlik waaroor alles gaan asook die Burnout Box aangebied deur die Suicide Squad exsotiese motorclub waar bande in rook omgesit gaan word. Ook op die agenda is die metodiste kerk Middelburg se fondsinsamelings inisiatief om te kyk hoeveel Landrovers en Landcruisers hulle op een plek kan bymekaar kry. Verskeie nuwe en veteraan motor klubs gaan ook saamtrek en ‘n motorklank kompetisie aangebied deur Nitro Crew asook Dyno toets deur German Jap Tech sal alles deel uitmaak van hierdie jaar se fees. Toegang beloop R50 vir volwassenes R30 vir pensioenarisse en laerskool kinders. Voorskoolse kinders is gratis. Geen alkohol sal toegelaat word deur die hekke nie en sal by die hekke gekonfiskeer word. Om deel te wees of vir meer inligting rondom al die fees vieringe kontak vir Jacques by 082 966 9408 of gaan like die Swartgoud Fees Facebook blad.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here