Landbouskou beindruk

Dit was die tweede jaar dat die skou suksesvol aangebied was.

0
100
The Bulletin Newspaper

Die afgelope lanbouskou het weereens verras met die gehalte perde op skou.
Ongeveer 70 inskrywings is ontvang. Dit was die tweede jaar dat die skou suksesvol aangebied was.
Daar was verskeie afdelings waaraan deelnemers kon deelneem oa, In hand, Plesier perd, Enkel tuig, Dubbel tuig en Tandem. Daar was die tradisionele sowel as universele klas en elke klas het ook sy eie kleredrag gehad. Daar was selfs ‘n “Dames in rokke” item waar die dames in deftige rokke kon deelneem.
Die afgelope naweek het daar Friesperde, Boerperde, Arabier perde asook ‘n Percheron deelgeneem.
Deelnemers het van heinde en verre gekom om met hulle prag perde te spog.
Armand, die singende cowboy het Vrydag opgetree en almal het dit terdee geniet.
Daar was ‘n verskeidenheid van stalletjies wat gewissel het van tuisgebak tot handgemaak, van heerlike kos tot nuttige braaiers.
Die volgende skou word vir September beplan maar die datum sal eers later bevestig word.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here