Laerskool Goedehoop Super 12 wenners

Super 12 is Interprovinsiaal en slegs vier top laerskole uit die vier noordelike provinsies kan deel vorm van Super 12.

0
98
The Bulletin Newspaper

Laerskool Goedehoop is tydens die afgelope Super 12 kompetisie as algehele wenners gekroon. Die Super 12 is ‘n organisasie wat bestaan uit 24 skole wat in twee bene (Been A & B) verdeel is. Die A-been bestaan uit skole wat 1200 leerders en meer het. Die B-been bestaan uit die kleiner skole. Die provinsies wat deelneem is Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga. Super 12 is Interprovinsiaal en slegs vier top laerskole uit die vier noordelike provinsies kan deel vorm van Super 12. Hoe word ‘n skool deel van Super 12? ‘n Skool word nie genooi of gekies nie. Belangstellende skole moet ‘n bestaande Super 12 skool uitdaag en deur te wen in alle kultuur en sport aktiwiteite, kan die betrokke skool ‘n plek verseker.
Laerskool Goedehoop neem al meer as 13 jaar op sport- en kultuurvlak aan Super 12 deel.
Saterdag, 14 April het die groepwedstryde te Tzaneen plaasgevind. Hier is die plekke wat uitgespeel gaan word vir semi-finaal en finaal bepaal. Op Woensdag, 18 April het die finaal te LC de Villiers Stadion in Pretoria plaasgevind.
Die netbal eindig 2de uit 12 skole en die rugby 4de uit 12 skole. Algeheel eindig laerskool Goedehoop eerste!
Die spanne en hul prestasies is soos volg:
Netbal: o/10A – 3de (brons)
o/11A – 2de (silwer)
o/12A – 3de (brons)
Rugby: o/11A – 3de (brons)
1ste – 2de (silwer)

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here