Sasol klop Middelburg

Sasol se eerstespan, die “Busse”, het Middelbrurg geklop 17-0 in ‘n wedstryd wat gestop was teen rustyd as gevolg van dreigende weerlig.

0
357
The Bulletin Newspaper
Willa storm voort met ondersteuning van Jackie

Sasol 1 en 2 klop Middelburg op ‘n dag waar sportmanskap en goeie rugby geseëvier het.
Sasol 2 het Middelburg 2 geklop met ‘n telling van 57-24. Die Pompe het gespeel met die struktuur van ‘n eerste span. Dis duidelik dat die kombinasie tussen Dirkie Coetzee, AE van Wyk en Edmund Soule (10,12,13) ‘n klas kombinasie is wat nog baie moeilikheid gaan veroorsaak in die liga. Sasol sal ook bly wees oor die terugkeer van Neo Maliehe wat gespeel het soos ‘n man met vuur in sy are. Op die punte by die 2des het Eddi Mphuthu en Jaco Jacobsz gehardloop soos vleuels op “Jet Fuel”. Die spelers van die wedstryd was Given Tshabalala en Eddi Mphuthi.
Sasol se eerstespan, die “Busse”, het Middelbrurg geklop 17-0 in ‘n wedstryd wat gestop was teen rustyd as gevolg van dreigende weerlig. Die “Busse” het ‘n baie goeie eerste helfte gehad. Die voorspelers het 100% van hul lynstane gewen en ‘n baie goeie fondasie gelê vir die agterspelers. Deon “die Lip” Greef en Hanco Nel het mekaar gereeld gevind in die lynstane. Ruan van der Colff het gehardloop soos net hy kan en het “sweeties” uitgedeel soos by n kermis. Jackie Smit het sy tweede wedstryd vir Sasol begin en dit is duidelik dat hy sy voete begin vind in die Sasol los trio. Sasol se vories het n fantastiese platform gelê vir Faanster Booysen Ys en die agterlyn. Booysen en die senters (HJ Neetling en Lourens Basson) het gelyk soos ‘n kombinasie wat al jare saamkom en het die bal gemaklik geskuif na Theunis Kruger (regter vleuel) wat ‘n skitterdrie gedruk het in die regterhoek. Shaun Jacobs, op linker vleuel, moes hard werk om skoppe van Middelburg te keer en het hard gewerk op verdediging. Afrigter Jannie Van Der Merwe het niemand uitgesonder as speler van die wedstryd nie en genoem dat die hele span as ‘n eenheid fantasties gespeel het. Willa Martin se leierskap was duidelik sigbaar in die feit dat Sasol slegs rugby kom speel het, en nie die man nie. Buiten die telling wat goed was vir Sasol, kan ons met trots sê dat SASOLHEART gewys was in die harte en gedrag van ons spelers. Jacobus Beyleveldt en Christiaan Wessels, die supersubs wat geen speelkans gekry het op die dag nie as gevolg van die wedstryd wat gestop was na die eerste helfte het HEART gewys deur te dien maar nie te speel nie.
Sasol se Derdes, die trokke, het ongelukkig vasgeval teen Bethal se tweede span met ‘n telling van 24-12. Die trokke sal opstaan en sterker terugkom! – Werner Joubert

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here