Vrywillige oorgawe of skuldberading?

Ons bekommernis is dat skuldberading verkeerd aangebied word

0
144
The Bulletin Newspaper
https://za.pinterest.com/pin/210754457538235883/

Duisende Suid-Afrikaners trek finansiël swaar en dink dat skuldberading die enigste oplossing is. Maar is dit regtig die beste opsie?
Senator Counsellors (Pty) Ltd is ‘n privaat maatskappy wat in 1996 ontstaan het en spesialiseer hoofsaaklik in die herberekening van rentekoerse.
“Ons bekommernis is dat skuldberading verkeerd aangebied word. Dit is vir ons hartseer om te sien wat daar buite gebeur. Mense het hulp nodig, die regte hulp vir hulle situasie. Die meeste mense van die publiek wat na ons kom is mense wat vir ‘n periode onder skuldberading was. Met skuldberading verlaag jou premies, maar jou skuld vermeerder. Jy dink dat dinge opgelos is en dinge beter sal gaan net om na twee jaar agter te kom dat dinge eintlik vererger het. Ons sit met die bewyse hiervan, jou skuld word basies net uitgestel, dit word nie minder nie,” het Pieter van Zyl, CEO van Senator Counsellors (Pty) Ltd, gesê.
Daar is moontlike oplossing vir mense wat in finansiële moeilikheid is soos met skuld konsilidasie, skuld berading en vrywillige boedel oorgawes.
“Wanneer ons ontleding van ‘n kliënt se goed gaan doen, dan doen ons ‘n vrywillige boedel oorgawe. Mense het ‘n wanpersepsie van boedeloorgawe, dit is nie meer soos destyds waar jy alles, meubels en kar inkluis, verloor nie. Ons spesifiseer nie net op een gebied nie. Mens moet gaan kyk wat gebeur in die ekonomie. ‘n Mens moet gaan kyk wat die beste is vir daardie sekere persoon wat om hulp aanklop,” het Pieter gesê.
“Ons het in die veld gegaan as fasiliteerders en mense gaan uitsoek wat goed is in konsolidasie. Wat sleg is, is as hy na ‘n persoon toe gaan wat net spesialiseer in een gebied, ons kan die wye spektrum bied vir mense wat swaarkry na ‘n analise van ‘n kliënt of moontlike kliënt se finansiële status. Dis traumaties vir kliënte, iets wat beraders nie altyd besef nie Mens moet die kliënt ook sagkens in die regte pad stuur. Mens moet prakties na elke kliënt se situasie gaan kyk. Ons gee die beste advies en besluite om ‘n sekere kliënt se situasie te verbeter”, volgens Pieter.
Senator Consulting kan jou help met likwidasie, sekwestraie, boedel, besigheidsredding, die herberekening van rentekoerse en die vrywillige oorgawe van boedels en die verkoop van bates.
Hulle werk rentekoerse uit wat jou sak pas en die beste is dat jy nie jou huis of kar daardeur gaan verloor nie en ook nie skuld het nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here