Secunda tieners veg hul pad oop vir swart gordel

“Dit is duidelik dat die twee die sport werklik geniet en vinnig oppad is om hul swart gordels te kry en hopelik eendag oorsee te kompeteer”.

0
565
The Bulletin Newspaper

JP en Marcel-Lee Janse van Rensburg van Secunda is ‘n broer en suter wat hul passie vir vegkuns uitleef. Die twee passievolle atlete doen sedert begin verlede jaar Taekwondo en het reeds beide hul groen gordels in dié sport.
Taekwondo is ‘n styvolle en veelsydige sport en die woord word letterlik vertaal as die manier van die voet en die vuis.
Die doel van die unieke gevegkuns is die ontwikkeling van goeie selfverdediging d.m.v. kondisie, selfvertroue, dissipline en hoflikheid wat in 2000 ‘n Olimpiese sport geword het.
JP (16) en ‘n leerling aan Hoërskool Oosterland, het verlede jaar tot op die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gevorder en een goue, een silwer en twee brons medaljes op die kampioenskappe verower. Marcel-Lee (12) het twee goue en een silwer medalje op dieselfde kampioenskappe behaal.
Die hoogste vorm van Taekwondo is bereik in die koninkryk van Silla wat gereeld onder aanvalle van groter en sterker areas deurgeloop het. Die leier, Kin Jin Heung, het ‘n elite groep vegters gestig “Hwarang” wat bestaan het uit seuns van edeles in die koninkryk. Die seuns is toe opgelei in alle aspekte van militêre tegnieke insluitend ongewapende vegkuns. Hwarang het die belangrikheid van ontwikkeling van vegters se liggame, kop en gees geleer. Die vegters is ook opgelei in geskiedenis, poësie en filosofie wat vegters nie net vir die geveg opgelei het nie, maar vir die daaglikse lewe.
Om ‘n groen gordel in die unieke sport te kry en daarna na die volgende gradering te beweeg moet jy twee duim dikte borde met albei hande en voete kan breek en ook jouself verdedig.
Beide beoog om tot op swart gordel te vorder.
“Ek het geïnteresseërd in die sport geraak na ‘n vriend my saam na die klub se fliekaande genooi het,” het JP gesê, en sy sussie het net gevolg. Die bruinoog donkerkop beoog om eendag ‘n meganiese ingenieur te word.
“Ek hou van Taekwondo, dis vir my baie lekker,” het Marcel-Lee, wat eendag as chiropraktisyn wil spesialiseer, gesê.
Hulle oefen twee keer ‘n week vir ‘n uur en ‘n half by ATA klub. Hul afrigter, JP Vorster, gesê “Dit is duidelik dat die twee die sport werklik geniet en vinnig oppad is om hul swart gordels te kry en hopelik eendag oorsee te kompeteer”.
“Ek is verkriklik trots op my kinders,” het hul ma, Jolanda gesê.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here