Hoërskool Secunda presteer op tuisvelde

0
545

Die afgelope week het Hoërskool Secunda se tuisspanne uitstekend presteer tydens die begin van die wintersport.
Op Woensdag het HS Secunda teen HS Florida te staan gekom in die MWU se Pukreeks. Die meeste spanne het goed gedoen. Die Netbal spanne het geseëvier oor hulle teenstanders nieteenstaande die verloor van die O/16A span. In hokkie het die seuns en meisies spanne al hulle wedstryde gewen.
Die rugby het baie meer teenstand gehad met net die O/16A en die Eerste span wat hulle wedstryd gewen het. Wat die rugby uitslae soveel meer indrukwekkend maak is dat Florida in die makro skole deelneem en net die vorige naweek hulle teenstaanders met ‘n groot loesing kafgedraf het. HS Secunda het gewys waarom hulle nie onderskat moet word nie en dat hulle hierdie jaar nog meer lus is vir rugby speel.
Hans Moore van Benoni het hulle rieme styf geloop tydens Saterdag se wedstryde teen HS Secunda. Saterdag se wedstryde is almal deur HS Secunda gewen.
Met so ‘n begin gaan dit ‘n opwindende jaar vir sport by HS Secunda wees.

 

 

 

 

 

The Bulletin Newspaper

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here