Een dorp, een aand, twee nuwe kuierplekke

0
4482
The Bulletin Newspaper

Inwoners het nou die geleentheid om te gaan ontspan by een van twee nuwe kuierplekke wat Vrydagaand hul deure in Trichardt geopen het. Die Bulletin het gaan inloer om te kyk hoe dit lyk.

Stoepstories
Honderde mense het Vrydagaand na die opening van Stoepstories in Trichardt gestroom om Jan Blohm en Jan Raap in lewende lywe te siene te kry.
Met die eerste drankie wat gratis was, ‘n ontspannende atmosfeer en vingeretes op die tafels, was die opening ook ‘n reuse sukses.
Terwyl gaste aan die twee Janne se lippe gehang het, het kroegmanne (en dames) rondgeskarrel om dorstiges by te staan.
Wat eers ‘n ou slaghuis was, is omskep in ‘n kuierplek met twee kroeë, ‘n dansbaan, braaifasiliteite en natuurlik ‘n stoep met tafels en stoele wat uitkyk op die hoek waar bekendes nog baie te sien sal wees.
Trichardt het al baie klubs en kuierplekke gesien kom en gaan, maar dié een is hier om te bly want die eienaar, Jeandré Venter, ken van bestuur. Hy is ook mede eienaar van Buddies, ‘n kuierplek in Bethal wat bekend is vir groot name soos Karlien van Jaarsveld en vele ander.
Dis die plek waar nog baie stories gemaak gaan word, dis voorwaar stoep stories en iets om na uit te sien!

The Bulletin Newspaper
Stoepstories

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mynland
Op ‘n plaas, ongeveer ‘n km buite Trichardt staan ‘n nuutgeboude skuur. Op die terrein is ‘n ou mynskag te sien en voor die deur staan ‘n groep mense en klets om ‘n vuur.
Binne in die skuur is dit stampvol soos mense na dié unieke kuierplek se opening gestroom het.
‘n Magdom tafels met stoele begroet jou as jy die deur instap en die skuur is toegerus met ‘n kroeg en verhoog. Die dansbaan se vloere is blink gevryf met verliefde paartjies wat danspassies uitvoer, veral toe Bok van Blerk en sy orkes begin wegtrek.
Dié kuierplek se atmosfeer verskil weer van ander en dit is beslis ‘n eerste vir Trichardt.

The Bulletin Newspaper
Mynland

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here