Vee sterf by honderde weens gebrek aan voer

Na ‘n baie susksesvolle waterprojek vir die Kaap, is daar nie twyfel nie dat die gemeenskap kan saam staan om droogte geteisterde gebiede te help as hul wil nie.

0
520
The Bulletin Newspaper
Lephalale bosveld

Droogte knou boere in Lephalale wat honderde diere verloor weens ‘n tekort aan weiding. Nou het ‘n handjie vol plaaslike boere en besigheidsmanne besluit om plan te maak en voer aan dié dorre omgewing te skenk.
Na ‘n baie susksesvolle waterprojek vir die Kaap, is daar nie twyfel nie dat die gemeenskap kan saam staan om droogte geteisterde gebiede te help as hul wil nie.
‘n Trok vol voer is reeds na Lephalale omgewing gestuur met die hulp van Kosie van der Merwe, Janneman van der Merwe, Volschenk Plumbers en Hans Bezuidenhout.
Peet Stoop is aan die stuur van sake en het ‘n Facebook profiel vir die doel oopgemaak. Besoek gerus die blad onder Droogtehulp Lephalale/Steenbokpan.
Hoewel reën onlangs die hitte verdryf het, was dit egter nie genoeg om langtermyn verligting te bring nie. Ons wil ‘n versoek op elke lid van die gemeenskap doen om ‘n lusernbaal @R20 te skenk. Enige ander voer is welkom. Kontantskenkings sal ook verwelkom word, daarmee sal voer gekoop word. Hulp word ook benodig met die vervoer van die bale.
Die voer word by ‘n sentrale en betroubare punt in Lephalale afgelaai en vandaar versprei onder boere wat dit benodig. Volg hul Facebook blad of kontak die Bulletin vir meer inligting.Gwendie Venter

The Bulletin Newspaper
Eerste vrag vanaf Kosie vd Merwe

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here