Weer ‘n Goedehoop eerste – Die Goegiespele!

0
416
The Bulletin Newspaper
Wian van den Berg het sy meelwurm geëet

Laerskool Goedehoop het weer ‘n eerste tradisie ingestel….die Goegiespele! Dié pretvolle dag het op 9 Februarie op die skool se veld plaasgevind. By dié spele was al die items wat by ‘n gewone atletiekbyeenkoms is, maar sommiges met ‘n kinkel.
By nalope het die kinders die 1 ste been gehardloop tot by ‘n ouer wat by die 2de been gewag het. Hulle is behoorlik getoets en moes trollies terugstoot na dié beginpunt toe.
Met hekkie het kinders weer na ‘n ouer gehardloop en die moes weer sorg dat hul so vinnig as moontlik by die beginpunt kom.
“Dit was baie oulik,” het Juanita Fourie, skakelbeampte van die skool, gesê.
Die Landsdieners en hul ouers het op dieselfde dag ook tent op die rugbyveld opgeslaan en hul liefde met gesinsaktiwiteite gevier. Met dié geleentheid, wat onafhanklik van die bogenoemde plaasgevind het, was daar ‘n “Koekiemonster” en “Bewaar jou skat”. Die “Fear Factor”- aktiwiteit het glo heerlike meelwurms op die spyskaart gehad om die murg in die Landsdieners se bene te toets.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here