Nico doen dit wéér

0
366
The Bulletin Newspaper
Die SA Junior Stoeispan wat aan 2018 Afrika Kampioenskappe deelneem het. Hier is Nico van den Berg (Kaptein van SA span) saam met die span se gelukbringer.

Nico van den Berg het onlangs 5de geeindig toe hy Suid-Afrika se naam hoog gehou het by die 2018 Afrika Stoeikampioenskappe wat in Nigerië plaasgevind het.
Nico is die Kaptein van die SA Junior Stoeispan en was ook in 2015 die Kaptein van die SA Kadet Stoeispan wat aan die Afrika Stoeikampioenskappe in Egipte deelgeneem het.
Van Secunda Stoeiklub se lede het die afgelope drie weke verskeie kursusse bygewoon om voor te berei vir vanjaar se kompetisies. Dié kursusse is op Nasionale en Provinsiale vlak aangebied en Skeidsregters, afrigters, spanbestuurders en administratiewe persone kon meer leer.
“Die stoeiklub is hard aan die werk vir vanjaar se stoei. Die stoeiers oefen elke Maandag en Woensdagaande,” het Lollie van den Berg, Sekretaris van Secunda Stoeiklub gesê.
Die klub wil graag nuwe potensiële stoeiers verwelkom. Indien jy belangstel om deel van dié klub te wees, kontak die Bulletin vir meer besonderhede.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here