HS Secunda wen interhoër

0
1059
The Bulletin Newspaper
Spankapteins

Hoërskool Secunda het die jaarlikse Grootskole Atletiek Interhoër die afgelope Saterdag (17 Februarie 2018) gewen. Hoërskool Secunda het die byeenkoms ook in 2015 en 2017 gewen.
Hoërskool Standerton het die interhoër op Standerton aangebied. Skole wat deelgeneem het sluit in: HS Secunda, HS Hoogenhout, HS Standerton, HS Piet Retief, Genl Hertzog en HS Volksrust. Hoërskool Secunda het vir die 2e agtereenvolgende jaar die byeenkoms gewen deur 714 punte in te samel, ʼn wenmarge van 84 punte! Die seuns het algeheel gewen (4e agtereenvolgende jaar) deur 375 punte in te samel. Die dogtersspan het vir die eerste keer in die geskiedenis die Interhoër gewen deur 339 punte in te samel. ‘n Totaal van 103 medaljes is verower (45 Goud, 31 Silwer en 27 Brons). Hoërskool Secunda se geesvangspan het ook skitterend gevaar deur algeheel 3e te eindig. Secunda het ook die meerderheid van die individuele trofee gewen. Hier volg ‘n lys van die trofeewenners:
Ignus Strydom (Beste Senior Worpe Seun), Wilbur Mettler (Beste Spronge Senior Seun), Sharona Klein (Beste Middel- en Langafstand Dogter, Junior Victrix Ludorum), Viwe Mathebula (Beste Middel- en Langafstand Junior Seun, Beste Naellope Junior Seun en Junior Victor Ludorum), Michelle Parkes (Beste Middel- en Langafstande Senior Dogter), Refilwe Makola (Beste Naellope Junior Dogter), Juanita Degenaar (Beste Naellope Senior Dogter), Hoërskool Secunda algeheel beste seuns en dogtersspanne en algehele Grootskole Interhoërwenners vir 2018.
Hoërskool Secunda wil graag van die geleentheid gebruik maak om Hoërskool Standerton geluk te wens met die professionele aanbieding van hierdie byeenkoms. Baie geluk ook aan elke personeellid, leerder en ouer van Hoërskool Secunda met hierdie puik prestasies. Laaste maar nie die minste ‘n woord van dank aan ons Hemelse Vader vir al hierdie seëninge!

The Bulletin newspaper
Ignus Strydom
Juanita Degenaar
Michelle Parkes
Revilwe Makola
Sharona Klein
Viwe Mathebula
Wilbur Mettler

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here