Reën demp nie Ekspo nie

Oud en jonk het vroegdag opgedaag en gesmul aan heerlike pannekoek, pap en kaiings, kerrie en rys en alles wat nie te goed is vir die figuur nie.

0
385
The Bulletin Newspaper
Rion Havenga (20 maande) van Cullinan, geniet 'n toffie appel tydens die Hinterland Ekspo, Kinross.

Hinterland (Afgri) Kinross het die afgelope Saterdag ‘n baie suksesvolle somer ekspo dag gehou.
Oud en jonk het vroegdag opgedaag en gesmul aan heerlike pannekoek, pap en kaiings, kerrie en rys en alles wat nie te goed is vir die figuur nie. Verskaffers het stalletjies gehad en hulle boereprodukte uitgestal en egte plaasbotter, melk, heuningprodukte en vele meer was te koop aangebied.
Mari Minnaar van Rustenburg was die gaskunstenaar en sy het die skare behoorlik vermaak. Sommige mense kon nie die versoek weerstaan om sommer saam litte los te maak op maat van “Footloose” ens nie.
Mnr Werner Venter (takbestuurder) van Hinterland, het gesê die dag was suksesvol en hulle gaan definitief weer in die toekoms sulke pretdae reël waar die publiek genooi word om die dag te kom geniet. Hy is baie entoesiasties oor die toekoms van die tak en sy doel is om die boere en publiek uitstekende diens te bied .
“O stuur ons net so bietjie reën….my oom het n tenk vol diesellin” het in my ore gedraal toe ek wegry en besef so ‘n dag sou net nie dieselfde gewees het sonder die welkome bui reën wat geval het nie. – Hannelie de Jager

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here