Opwinding heers by atletiek

“Sukses in die lewe word behaal wanneer jy doodeenvoudig weier om op te gee, met ‘n doel so sterk dat hindernisse, mislukkings en verlies slegs dien as motivering.”

0
798

Laerskool Kruinpark het Woensdag die Hoëveldgroep Atletiekbyeenkoms op Secunda Stadion aangebied. Ses laerskole het dié vriendskaplike byeenkoms bygewoon waaronder Laerskool Goedehoop, Laerskool Kruinpark, Laerskool Oranjegloed, Laerskool Marietjie van Niekerk, Laerskool Standerton en Laerskool Pionier (Volksrust). Daar was ‘n totaal van 84 items wat in 7 fases plaasgevind het. ‘n Slagspreuk wat op hul toegangspamflet te sien was, was bemoedigend op baie vlakke. Dié slagspreuk lui: “Sukses in die lewe word behaal wanneer jy doodeenvoudig weier om op te gee, met ‘n doel so sterk dat hindernisse, mislukkings en verlies slegs dien as motivering.”

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here