Oosterland bedank borge

“Oosterland is vanjaar 30 jaar oud en ons is baie trots op wat ons reeds bereik het. Hier het ongelooflike groei en ontwikkeling plaasgevind,” het Billy Fick, beheerliggaamvoorsitter, gesê.

0
457
The Bulletin Newspaper
Elzette Botes en André Schwab van Fidelity sekuriteit

Hoërskool Oosterland het Donderdagaand ‘n besonderse funksie gehou om hul borge en ondersteuners te bedank en ook ‘n paar van die skool se toekomsplanne bekend gemaak.
Borge het die geleentheid gehad om die skool se orkes in aksie te sien voor die funksie amptelik met skriflesing en gebed geopen is.
“Oosterland is vanjaar 30 jaar oud en ons is baie trots op wat ons reeds bereik het. Hier het ongelooflike groei en ontwikkeling plaasgevind,” het Billy Fick, beheerliggaamvoorsitter, gesê.
“Die skool kyk na die totale kind en nie net na die individu nie en dit is ‘n goeie belegging om ‘n borg vir dié skool te wees. Buiten vir die borg se eie voordeel, maak dit ook deure vir die kinders oop,” het hy gesê.
Die skool bars uit sy nate en in ‘n poging om geen leerder te benadeel nie, beoog die skool om nog klaskamers te bou en hul orkes en ander aktiwiteite uit te brei.
Liné de Vries, bemarkingsbeampte vir die skool, het nie net aan borge gewys wat hul reeds doen nie, maar ook wat hul vir die toekoms beoog.
“Ons is in die bevoorregte posisie om persoonlik betrokke te wees by ons kinders. Ons het julle ondersteuning en geldelike bystand nodig, of dit nou R50 of R500 is. Ons wil hê ons kinders moet aanhou groei,” het Liné gesê.
Westvaal Isuzu het ook ‘n nuwe bakkie aan die skool geskenk
Die formaliteite is afgesluit met heerlike vingeretes, sap en wyn wat gaste die geleentheid gebied het om mekaar van nader te leer ken.
Oosterland bedank graag die volgende borge: Fidelity Sekuriteit (Secunda), Seef Secunda, LLL Construction, Perfektum en Westvaal Secunda.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here