ATKV verkoop kolwyntjies

“Party mense moet Pretoria toe gaan om by Steve Biko behandeling te kry en kan dit net nie bybring nie.”

0
719
The Bulletin newspaper

Die ATKV Kosmosrand tak het Saterdag in Secunda Mall kolwyntjies verkoop om mense in nood by te staan.
“Ons wil graag die mense bystaan met kanker wat finansieël sukkel,” het Martie Zerwick gesê, “Party mense moet Pretoria toe gaan om by Steve Biko behandeling te kry en kan dit net nie bybring nie.”
Volgens Tracy van Wyk het hulle ongeveer 1600 kolwyntjies gemaak. Die tafel was getooi in kolwyntjies wat in baie verskillende kleure en patroontjies versier is.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here