Nog ‘n groot waterprojek vir Kaap

“Ek het vanoggend so ongelooflike trotse oomblik beleef toe ek ‘n pappa sy gr.1 meisiekind sien help om die 5L water te dra, met 2 meisiekinders agter hom, elk met nog ‘n 5L in die hand,” het Anita de Beer van Laerskool Kruinpark gesê.

0
1129
The Bulletin Newspaper
Photo: amazonaws

Skole in die omgewing gaan kompetisie hou om te kyk watter skool die meeste water kan insamel en binne 2 weke daarin kan slaag om ‘n rugbyveld vol te maak.
“Ons gemeenskap van Secunda vat hande om water in te samel vir die Kaap,” het ‘n inskrywing op Laerskool Kruinpark se Faceboek blad gelei.
Die projek duur van 6 tot 22 Februarie waarna trokke, wat gereël is deur Water Shortage South Africa, die water by betrokke skole sal afhaal en in ‘n konvooi Kaap toe sal vertrek.
Skole kompeteer teen mekaar vir pryse wat reeds geborg is deur Lake Umuzi en Oregon Spur.
Die goeie nuus is dat die publiek ook betrokke kan raak en besluit watter skool hul wil ondersteun. Die betrokke skole tot dusver is Hoërskool Oosterland, Laerskool Goedehoop, Laerskool Kruinpark, Highveld Ridge Primary, Highveld Park Highschool en Curro skool.
“Ek het vanoggend so ongelooflike trotse oomblik beleef toe ek ‘n pappa sy gr.1 meisiekind sien help om die 5L water te dra, met 2 meisiekinders agter hom, elk met nog ‘n 5L in die hand,” het Anita de Beer van Laerskool Kruinpark gesê. ‘n Ma wou ook weet wat haar te doen staan as sy ‘n hele bakkie vol water wil skenk. “Ek dink nie ons kon vir ‘n meer omgeeskool gevra het nie. Baie dankie aan elke ouer wat so omgee,” het Anita op dié skool se blad geskryf.
Secunda CPF en Secunda Angels gaan ook water by skole aflaai en help om dit op die trokke te laai.
So skryf ‘n boodskap van bemoediging op jou bottel en ook van watter dorp dit afkom. Spoel jou bottels uit en moet asb geen melk-of oliebottels gebruik nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here