“Krummels” verwelkom in skool

Die Krummels het ook hul Krummeldrag gedra en sal dié klok weer lui in 2023 as hulle aptelik as matrikulante uitstap.

0
261
The Bulletin Newspaper

Hoërskool Oosterland het vanjaar met ‘n nuwe tradisie begin. In plaas van ‘n groentjie konsert het gr. 8 leerlinge, of Krummels soos hulle bekend staan, op 23 Januarie ‘n nuwe tradisie begin.
“Hulle het die geleentheid gehad om die klok in die skool se voortuin te lui en te wys dat hulle amptelik in Oosterland instap en hier is om te bly vir die volgende 5 jaar,” het Liné de Vries, bemarkingsbeampte van die skool gesê.
Die Krummels het ook hul Krummeldrag gedra en sal dié klok weer lui in 2023 as hulle aptelik as matrikulante uitstap.
“Dit was ‘n heerlike aand wat begin het met ons tradisionele snoekbraai en amptelike gr.8 verwelkoming aan ouers en Krummels,” het Liné gesê.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here