Stephan sterk goed aan na ongeluk

Hy moet nog vir 6 weke met sy rugstut loop, maar mag reeds skool toe gaan.

0
245
The Bulletin Newspaper
‘n Foto wat Stephan (of Stef soos hy onder sy vriende bekend is) op 14 Desember vanuit sy hospitaalbed in Steve Bhiko Akademiese hospitaal op sy Facebook blad geplaas het.

Stephan Pelser, die 17-jarige Hoërskool Secunda leerling wat 5 Desember 2017 sy rug op 5 plekke gebreek het, sterk goed aan.
“Stephan se rug is besig om baie mooi aan te groei en die dokter is baie tevrede. Hy moet nog vir 6 weke met sy rugstut loop, maar mag reeds skool toe gaan. Ons is baie dankbaar teenoor God en ook teenoor ons gemeenskap vir hul ondersteuning,” het Elsabé Pelser, Stephan se ma, gesê.
Die motor waarin Stephan gereis het, het op ‘n reënerige Dinsdagoggend die pad verlaat en gerol. Dié ongeluk het groot negatiewe opwinding veroorsaak toe Stephan na Evander hospitaal vervoer is waar hy dae later nog in dieselfde bebloede klere gelê het en daar om verskeie redes gesukkel is om hom oorgeplaas te kry na ‘n beter hospitaal waar hy die regte behandeling kon ontvang. Lees die oorspronklike storie in die Bulletin van 15 Desember 2017, op ons Facebook blad of webwerf.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here