Secunda Tennisklub open

Die klub se nuwe komitee is gekies, ledegeld is hernu en die dag het geëindig met ‘n braai waar lede mekaar van nader leer ken het.

0
562
The Bulletin Newspaper

Secunda se Tennisklub het 2018 met sosiale tennis begin.
Ten spyte van bewolkte en reënerige weer, het klublede Saterdag steeds by die Sasol klub se bane bymekaargekom om die dag te geniet.
Die klub se nuwe komitee is gekies, ledegeld is hernu en die dag het geëindig met ‘n braai waar lede mekaar van nader leer ken het.
Hulle het ook hul algemene jaarlikse vergadering gehou.
Om deel van dié klub te kan wees, moet jy eers by Sasolklub aansluit. Vroue speel Dinsdae en Vrydae tussen 08:00 en 10:00, maar kan ook onder mekaar reëlings tref om na werk dié sport te beoefen.
Mans tref reëlings onder hulself.
Die klub het volgende naweek ‘n byeenkoms in Bethlehem.
Junior spelers van Sasol Tennis Klub het van 26 tot 28 Januarie aan die Mpumalanga Junior proewe in Middelburg deelgeneem.
Chizelle Rossouw staan tans in die 1ste posisie vir die dogters o.15 span en Wernich Rossouw staan tans 3de in die seuns o.13 span.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here