Nederlandse afrigter kén van hokkie

Die kliniek duur tot 1 Feb en is vir alle Hoërskool Oosterland leerlinge. Laerskoolleerlinge het egter die kans om op 31 Januarie aan te sluit.

0
111
The Bulletin Newspaper
Hokkiespelers met uitrustings wat aan die kliniek geskenk is. Agter staan Dyna Botha, Annemieke de Klerk, Anja Schneider, Marike Oudraad, Niki van der Merwe en Susan Botha. Voor sit Milo Sibandze en Veronica Botha

Die welbekende Nederlandse afrigter- en hokkiespeler, Marike Oudraad en haar assistent, Anja Schneider, rig vanjaar wéér Hoërskool Oosterland se hokkiekliniek af.
Die kliniek duur tot 1 Feb en is vir alle Hoërskool Oosterland leerlinge. Laerskoolleerlinge het egter die kans om op 31 Januarie aan te sluit. Afhangende van die behoefte, sal hulle die volgende dag ook die kans kry om die kliniek by te woon.
Marike speel al oor die 40 jaar hokkie, meestal as doelwagter en spesialiseer in die afrigting van doelwagters. 250 kinders van verskeie Nederlandse hokkieklubs gaan weekliks deur haar bekwame hande en sy skryf ook programme vir die klubs HC Loenen en HC Nieuwegein. Talle bekende Nederlandse hokkiespelers is al deur haar afgerig, onder andere Floortje Engels.
Marike rig die doelwagters van die DMHC Shinty en Phoenix Hockey Zeist klubs af. By die HC Houten klub rig sy alle spelers af, nié net die doelwagters nie. Sy het onder andere ondervinding opgedoen toe sy as doelwagter in die 2de en 3de Nederlandse liga vir verskeie klubs uitgedraf het. Sy het ook onder dié land se 36 beste klubspelers getel.
Alexandra Heerbaart, wêreld- en Europese hokkie kampioen, asook HC Houten hokkieklub en DMHC Shinty hokkieklub het toerusting aan die hokkiekliniek geskenk.
Haar assistent en net so groot hokkie entoesias, Anja, is eintlik ‘n sosiopedigoog en gesinsterapeut in Berlyn, Duitsland, maar speel al jare hokkie.
Met ervare afrigters soos dié, staan plaaslike leerlinge self die kans om eendag hokkie as beroep te beoefen.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here