Blommeklub open op gesellige noot

Gesprekke oor troues en wie se mans nie gesmelte kaas eet nie, het ook opgeduik.

0
202
The Bulletin Newspaper
Lede van Secunda Blommeklub het Donderdag vir die eerste keer vanjaar vergader. Hier is van v.l.n.r. staan Charlotte Jacobs, Essie Fourie, Anet van Dyk, Magda Schwab, Ross du Preez, Annetjie Kotzé en Susan van der Merwe.

8 Inwoners van Standerton, Bethal, Kinross en Secunda het Donderdagoggend bymekaargekom vir Secunda Blommeklub se eerste jaarlikse vergadering.
‘n Verskeidenheid soet-en soutgoed is voorgesit terwyl onderwerpe soos slaggate, beeste en gesondheid onder bespreking gekom het. Gesprekke oor troues en wie se mans nie gesmelte kaas eet nie, het ook opgeduik.
Na dié kort, dog gesellige kuier, is lede welkom geheet en het Anet van Dyk die vergadering met ‘n Bybelse dagstuk ingelei. “As God jou blydskap is, kan niemand jou vreugde steel nie,” het sy gesê.
Notules van 2017 se laaste vergadering is voorgelees, asook beplanning vir die jaar wat voorlê.
Die klub is sedert verlede jaar besig om Tradisionele ontwerpe te maak, maar sal van Julie af fokus op Moderne ontwerpe.
Lede het ook die tyding ontvang dat Kosmosklub in Delmas ontbind het.
Secunda blommeklub vergader weer op 15 Feb by die NGK Goedehoop se Rots-saal waar meer van die Tradisionele Horisontale ontwerp geleer sal word.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here