Ouma gee skool

wat haar situasie so besonders maak, is dat sy daagliks omrig is deur 5 van haar 7 kleinkinders.

0
698
The Bulletin Newspaper
Hier is Jahno (gr.4), Linka (gr.1), Bernich (gr.3), Lejané (gr.1) en Ghide (kleuterskool) saam met hulle ouma.

Sonet Beukes is ‘n gr.2 onderwyseres by Laerskool Trichardt, maar wat haar situasie so besonders maak, is dat sy daagliks omrig is deur 5 van haar 7 kleinkinders.
“Ek hou al 27 jaar hier skool, so ek weet dat die grondslag hier uitstekend vasgelê word,” het Sonet gesê. Haar ander twee kleinseuns is in Pretoria woonagtig en sy sou hulle ook graag by haar wou hê.
“Ek het nooit die voorreg gehad om vir my eie kinders skool te hou nie, maar dit is ‘n voorreg om my kleinkinders te onderrig….met baie meer geduld,” het dié trotse ouma laat hoor.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here