Trails and Tails en Kersmark by Eendedam lok vele

0
636
The Bulletin Newspaper
The Little Paws Big Hearts team

Die Eendedammetjie het gewoel van mense uit alle oorde tydens die Secunda Steamers Eendedam Kersmark wat Saterdag gehou is.
Daar was bykans 60 stalletjies wat alles van kos en juwele tot bykomstighede vir jou troeteldiere aangebied het.
Oosie Oosthuizen, bekende slangvanger van Secunda en Nadia van Wildpets het ‘n skare ingelig oor die belangrikheid van slange en hoekom hulle nie doodgemaak moet word nie. Die kinders was nuuskierig en mens kon skaars die slange van naderby bekyk. Dit was tot een losgekom en jy net kinders sien spaander het.
MCR se kerskar het ook besoek afgelê en kinders bederf met lekkergoed. Peraldi se perde en ponies het dorpskinders die geleentheid gebied om op die besonderse diere te ry.
Little Paws Big Hearts het die Rails en Tails behartig waar mense met hul honde om die dam kon stap. Elke stalletjie het ‘n kosbydrae aan dié nie-winsgewende organisasie gemaak. Die geld is om hul veeartsrekening te dek. Die Bulletin het borde geskenk om die roete uit te merk.
Secunda Steamers het pretritte met hul stoomtrein aangebied. Daar was ook nagritte. Die mark was die gulde geleentheid vir hulle om geld in te samel vir die onderhouding van dié trein wat vir vele glimlagte gesorg het.
Die mark is laasjaar vir die eerste keer gehou en inwoners het drie keer ‘n jaar die geleentheid om dit by te woon.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here