Sasol Hydra Arc sluit jaar af

Tydens die jaareindfunksie vir die spelers is die Algemene Jaar Vergadering gehou waarin die nuwe bestuurspan vir 2018 verkies is

0
525
The Bulletin Newspaper

Sasol Hydra Arc Rugby Klub het hulle jaar afgesluit met n funksie by Sasol klub met ‘n terugblik op groot prestasies vir 2017.
Die lys van prestasies is nogal lank met die klub wat deurgedring het tot by die kwarteind stryd van die Klub Kampioenskappe.
Hier is n kort oorsig, Kampioene van 6 Mpumalanga bekers naamlik: Mpumalanga Hoeveld 7’s wenners, Mpumalanga 7’s wenners, Mpumalanga Hoeveld Reserwe Liga wenners (Sasol 3), Mpumalanga Reserwe Liga wenners (Sasol 3), Mpumalanga Premier Reserwe Liga wenners (Sasol 2), Mpumalanga Premier Liga Wenners (Sasol 1), en eindig hulle Boonop in die SARU GOLD CUP “7th Overall”
Tydens die jaareindfunksie vir die spelers is die Algemene Jaar Vergadering gehou waarin die nuwe bestuurspan vir 2018 verkies is;
NUWE BESTUUR VIR SASOL HYDRA-ARC RUGBY KLUB 2018
President – Attie Kruger, Voorsitter – Willie Green, Onder Voorsitter – Sebastian Breytenbach, Tesourier – Mariette Kruger, Sekretaris – Lucia Greeff, Klub Kaptein – Theuns Kruger, Hoof Afrigter – Jannie vd Merwe, Addisionele Lede – Gershwin Gamba en Nico Joubert.
Sebastian Breytenbach verhuis en het dan bedank as ondervoorsitter. Indien daar enige belangstellendes is kan hulle gerus Sasol klub kontak.
Speler van die jaar het aan Willa Martin gegaan. Die volledige lys van toekennings sal op ons webwerf beskikbaar wees.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here