Gemeenskap gee terug deur kosprojek

Baie dankie aan elkeen wat so baie moeite gedoen het om hulle te ondersteun

0
814
The Bulletin Newspaper
VLNR: Henk Louw (laerskool Trichardt) Elmarie van Huyssteen, Hannelie de Jager, Kerry Bird en voor Gwendie Venter en Encee van Huyssteen

Die gemeenskap het uit hul pad gegaan om die Bulletin en Boxes to Go se Food Bank Project te ondersteun. ‘n Een ton vragmotor moes twee keer ry om al die bokse kos wat ingesamel is by Laerskool Trichardt se koshuis af te lewer. Die kos wat die skool ingesamel het was reeds in die spens met ons aankoms. Die projek is geloods om ‘n insameling te hou vir die koshuis wat minder bevoorregte kinders gratis huisves en ook van skoolonderrig voorsien. Van dié kinders se ouers is nie finansieël in staat om vir hulle te sorg nie en ander is deur die welsyn in die sorg van die skool geplaas. Baie dankie aan elkeen wat so baie moeite gedoen het om hulle te ondersteun.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here