Kerstyd en Selfmoord

0
918
Image processed by CodeCarvings Piczard ### FREE Community Edition ### on 2015-08-24 16:13:20Z | http://piczard.com | http://codecarvings.com

Wat veronderstel is om ‘n vreugevolle tyd vir almal te wees, is vir baie ‘n tyd van hartseer en trane.
Baie mense het geliefdes op verskei maniere aan die dood afgestaan, maar ‘n onverstaanbare dood en een waaraan soveel stigma kleef is selfmoord.
Daar was ‘n hele paar selfdoodgevalle in die Govan Mbeki area die afgelope paar maande, maar hoekom sien soveel mense die moontlikheid van selfmoord as die enigste uitweg?
Elke geval se omstandighede is uniek en dis uiters privaat. Mense wil nie sommer daaroor praat nie en dis ook moeilik as jy nie weet hoe om mense te hanteer wat ‘n geliefde op so manier verloor het nie. Daar is baie vrae rondom dit en volgens Lifeline kry hulle oor die algemeen 3 tipes oproepe.
1. Iemand wat selfmoord oorweeg
2. Iemand wat reeds die besluit geneem het om “n einde aan alles te maak” en besig is om te sterf
3. Derde partye wat bekommerd is dat iemand na aan hulle selfmoord oorweeg.

Moontlike redes:
• Finansiële stres. Baie mense stap een oggend in die kantoor in net om te hoor dat hulle nie hoef terug te keer nie. Baie van daardie mense het nie miljoene in die bank nie en staar die moontlikheid in die gesig om hul bates te verloor.
• Huweliksprobleme kan ‘n invloed op alle betrokke partye hê en is ook ‘n moontlike oorsaak van selfmoord onder tieners in sulke huwelike.
• Dinge wat vir jongmense groot is, maar vir ander na kleinighede lyk soos skoolpunte, eksamenstres, gewig of ‘n geboelie deur ander kinders.
• Botsing met die gereg en veral as jy dalk uitgevang word. Dink byvoorbeeld aan gevalle waar sakemanne selfmoord-en/of gesinsmoord gepleeg het as hulle bedrog op die lappe kom.
• Liefdesteleurstellings.
• Werksprobleme.
• Siekte. Baie weet nie hoe om dit te hanteer as hulle hoor hule het kanker, vigs ens nie.
• Geestesiektes soos depressie en bipolêre gemoedsversteuring. Depressie is een van die grootste aanleidende faktore tot selfmoordneigings en-pogings.
• Verlies aan selfwaarde.
• Dit kan moontlik oorerflik wees met ‘n familiegeskiedenis van selfmoord.
• ‘n Alkohol, dwelm of dobbel-verslawing.
Moontlike waarskuwingstekens wat kan voorkom:
• Mense wat selfmoord oorweeg maak soms melding daarvan in hul gesprekke.
• Hulle raak moontlik anti-sosiaal en begin ‘n kluisenaarslewe lei en geniet nie meer dinge wat hul voorheen geniet het nie.
• Swak persoonlike higiëne. Die individeue gee nie meer om oor hul voorkoms of leefwyse nie.
• Hulle is negatief oor die lewe en alles wat gebeur.
• Hulle is geirriteerd en het baie ongekende woede.
• Verandering in eetgewoontes, hetsy te veel of the min.
• Verandering in slaappatrone, hetsy te veel of te min.
• Lae energievlakke of rusteloosheid.
• Hulle toon duidelike tekens van depressie, wat langer duur en meer intens is as net ‘n slegte bui.
• Hulle sê goed soos : “Ek kan niks reg doen nie”, “Ek kan dit nie meer vat nie”, “Ek wens ek was dood”, “Almals sal beter af wees sonder my”, “My problem sal spoedig iets van die verlede wees” ens.
• Hulle gee persoonlike besittings weg.
• Hulle tree impulsief op.
• Hulle skend hulself deur hulself bv. te sny, krap of slaan.

Dis nie ‘n goeie idée om tekens te vermy nie aangesien die meerderheid van persone wat hulself om die lewe gebring het, hulproepe uitgestuur het wat nie beantwoord is nie. Almal het nie noodwendig die begeerte om te sterf nie, maar selfmoordpogings kan ‘n noodkreet wees.
Wat kan ek doen as ek vermoed iemand oorweeg selfmoord?
• Gee emosionele ondersteuning en luister met opregtheid.
• Gaan lees na oor depressie en probeer jou bes om dit te begrip.
• Maak seker die person weet jy gee om en dat jy hul nie sal oordeel nie.
• Moet hulle nie skaam of skuldig laat voel nie. Moet ook nie vir hulle sê om daaruit te snap nie.
• Nooi hulle saam met jou uit as jy iewers heen gaan, al wil hulle nie.
• Kry professionele hulp.

Wat kan ek doen as ek daaraan dink?
• Gaan praat met jou dominee, ouers, vriende of vriendin wat jy vertrou. As jy voel dat hulle nie sal verstaan nie, bel Lifeline. Hulle het meer as 550 opgeleide beraders wat 24 uur per dag beskikbaar is. Hulle kan jou professionele raad gee.
• Bel LifeLine by (011) 728 1347. Hulle nasionale counselling nommer is 0861 322 322

Bron: Lifeline Webwerf

SHARE
Previous articleSo is die lewe
Next articleChoir wins award

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here