Broer en suster verteenwoordig SA

Marizelle en Druan vorm deel van ‘n groep van 45 studente wat genomineer is om in Mei 2018 na Muncie in die VSA vertrek om Afrika op die internasionale ACE konvensie te verteenwoordig.

0
508
The Bulletin Newspaper

Die Secunda broer-en susterspan, Marizelle en Druan Meyer van Drumapi Tuisskool,is gekies om Suid-Afrika in 2018 by die International Student Convention vir ACE (Accelerated Christian Education) skole te verteenwoording.
Dit volg na hul deelnameaan die All Africa Student Convention wat in Oktober in Bloemfontein gehou is. Ongeveer 800 ACE studente van regoor Afrika en Skandenawië het aan die Konvensie deelgeneem. Marizelle het presteer in houtwerk (konstruksie), houtwerk (draaiwerk), toespraak, instrumentele duet, wetenskap-uitstalling, “scrapbooking” en 2D kuns. Druan het weer uitstekend gevaar in houtwerk (konstruksie), houtwerk (draaiwerk), toespraak, instrumentele duet, wetenskaplike-uitstalling, vokale solo en boogskiet.
Tydens die geleentheid is die beste drie student wat items in al vier hoofkategorieë nl. platform, musiek, kuns en akademie, ingeskryf het, bekroon met die gesogte CAP (Communication and potential leadership) toekenning. Druan het die eerste en Marizelle die tweede plek behaal.
Marizelle en Druan vorm deel van ‘n groep van 45 studente wat genomineer is om in Mei 2018 na Muncie in die VSA vertrek om Afrika op die internasionale ACE konvensie te verteenwoordig.
Dit is die 30ste jaar wat hierdie konvensie vir student tussen die ouderdomme van 13 en 19 gehou word.Ongeveer 2000 studente kom by die Ball State University bymekaar om met mekaar in meer as 150 items te kompeteer. “Hulle is dankbaar dat die voorreg en geleentheid hulle te beurt geval het,” het hul pa, Pieter gesê.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here