Boelies kan jou lewe verwoes

Wat om te doen as jou kind die boelie is?

0
1107
The Bulletin Newspaper
https://jougesin.solidariteit.co.za/boelie-als-wat-jy-moet-weet/

Die woord “boelie” is ‘n klein woordjie wat hewige nagevolge kan hê.
Dit is ook nie noodwendig net fisies nie, maar kan ook verbaal of deur sosiale media plaasvind. Dit stop ook nie by kinders nie en selfs volwassenes en onderwysers kan boelies wees.
Die nagevolge kan verreikend wees en kan onder andere ‘n negatiewe selfbeeld, selfmoord gedagtes, nagmerries en ‘n gevoel van magteloosheid en moedeloosheid veroorsaak. “Kinders wat geboelie word of self ‘n boelie is, weet meestal nie hoe om te sê wat fout is of hoe om hul emosies te verwerk nie. Die boelie en die slagoffer bêre partykeer hul negatiewe gevoelens diep in hulle harte en gedages,” het Soleil Kruger, privaat maatskaplike werkster gesê.
Verlede week was internasionale anti-boelie week en kan enigiemand raak. Hier is ‘n paar antwoorde op vrae oor boelies.
Hoe weet jy dat jou kind geboelie word?
– Negatiewe selfspraak
– Snye op arms of bo-bene
– Skoolpunte wat verswak
– Maagpyne en kopsere wat nie sin maak nie
– Naels word gekou of duime word gesuig
– Kleintjies maak weer hul bed nat
– Eetgewoontes verander skielik
– Persoonlikhede wat verander
– Jou kind wil heeltyd alleen wees of wil jou skielik nie uitlos nie.
– Verandering van vriendekringe
– ‘n Skielike vrees vir skool of geleenthede waarvoor hy/sy nooit voorheen voor bang was nie
– ‘n Vrees of rebellie vir/teen gesag
– Jou kind word self ‘n boelie
– Woede uitbarstings
– Teruggetrokkenheid
– ‘n Lae selfbeeld
Hoe weet jy jou kind is ‘n boelie?
– Jou kind sal aggressief by die huis skool wees.
– Boelies is partykeer enkellopend met min vriende of trek ‘n groep vriende aan wat dieselfde negatiewe gedrag toon.
– Jou kind maak kleiner kinders of diere seer.
– Hulle toon min respek toon vir jou as ouer of ander gesag.
– Hulle sal voorwerpe beskadig en nie omgee oor die nagevolge nie.
Hoekom word kinders boelies?
“Kinders boelie omdat hulle moontlik ‘n swak selfbeeld het of uit haglike huis omstandighede kom. Hulle beskik gewoonlik ook nie oor die vermoë om hul emosies of moeilike situasies te hanteer nie. Kinders voel magteloos en buite beheer en probeer dan beheer oor ander uitoefen,” het Soleil gesê.
Hoekom word onderwysers boelies?
Onderwysers kan kinders bewustelik of onbewustelik boelie as gevolg van die druk van ‘n vol kurrikulum, stres, moeilike huissituasies, finansiële probleme, ‘n lae selfbeeld of emosionele probleme soos depressie of angs. Sommige onderwysers net van die gevoel wat hul kry deur een kind op sy plek te sit.
“Nuwe onderwysers sukkel ook partykeer om dissipline te handhaaf in die klaskamer. Onderwysers voel magteloos en skree en straf, want wat anders moet hul doen? Hulle probeer die sneeubal effek vermy: Kinders is stout, hulle moet stilbly, as hulle nie stilbly of hulle gedra nie gaan die onderwyser nie deur die werk kom nie en as sy nie deur die werk kom nie raak die spanning net meer en meer,” het Soleil gesê.
Hoe om dit te hateer as jou kind geboelie word
Ouers moet weet wat aangaan in hulle kinders se lewens, op skool-, emosionele-, fisiese en geestelike vlak. As jy met die onderwyser, die skoolhoof en die boelie se ouers gepraat het en niks werk nie, moet nie opgee nie. Kry professionele raad van ‘n maatskaplike werker of sielkundige. As dinge steeds nie verbeter nie, kan die Departement van Opvoedkunde benader word. Help jou kind om op sy positiewe punte te fokus en leer hulle dat ander mense se opinies nie saakmaak nie.
– Wat om te doen as jou kind die boelie is
– Laat verstaan jou kind dat sy/haar gedrag onaanvaarbaar is, maar gee hulle ook die versekering dat dit jou nie minder lief vir hom/haar maak nie.
– Verseker jou kind dat dit veilig is om oor enigiets met jou te praat en dat dit nie op dowe ore sal val nie.
– Gee tyd en aandag aan jou kind, al is hy/sy ‘n tiener met ‘n groot vriendekring.
– Nader ‘n maatskaplike werker, sielkundige of berader vir professionele hulp.
Hoe om die skool te hanteer?
Skole van vandag is meestal toegerus met die nodige vaardighede en hulpbronne om situasies soos boelies te hanteer. Die skool en ouers moet die situasie so ver as moontlik professioneel hou, mekaar nie persoonlik aanval nie en eerder fokus op oplossings. Die boelie én die slagoffer moet in die situasie gerespekteer word en nie verder in die verleentheid gestel word nie. “Dié geleentheid kan ‘n wonderlike oomblik van leer en herstel wees, mits dit reg hanteer word,” het Soleil gesê.
– Raad vir onderwysers wat bewustelik of onbewustelik kinders boelie?
– Onderwyserss moet tyd maak om hul gevoelens in die gesig te staar en te hanteer. Onderwysers is net mense met dieselfde emosies en gevoelens as ander mense. As jy as onderwyser ‘n rowwe dag gehad het, erken dit en hanteer dit.
– Praat met iemand daaroor, kry ‘n professionele persoon betrokke.
– As dinge verskriklik spanningvol is, vra vir hulp.
– Maak die ouers deel van jou span.
– Moet nie dat jou emosies of die hoë werkslading jou onder kry nie. Vat elke dag stappie vir stappie.
– Sien die kinders in jou klas raak want hulle sien jou raak.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here