Bestuurskool open op skoolterrein

SA Driving School het oefengronde op Hoërskool Oosterland se skoolterrein oopgemaak sodat leerlinge af periodes beter kan benut.

0
334
The Bulletin Newspaper

Die moeite om ‘n bestuurderslisensie te bekom gaan minder wees noudat leerlinge bestuurderslesse in skooltyd kan neem.
SA Driving School het oefengronde op Hoërskool Oosterland se skoolterrein oopgemaak sodat leerlinge af periodes beter kan benut. Leerlinge kan van dié periodes gebruik maak om vir hulle leerlinglisensies te leer of bestuurslesse te neem.
Hulle kan ook na skool van die geleentheid gebruik maak.
“Dit het baie voordele. Leerlinge mors nie skooltyd nie en as die lesse na skool plaasvind word hulle na die les by die huis afgelaai. Ouers weet sodoende waar hulle kinders is en het die gerief dat hulle nie onnodig hoef te ry nie,” het André Pretorius, eienaar van SA Driving School, gesê.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here