Nico stoei in SA se seniorspan

Nico is die enigste stoeier van Mpumalanga wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse seniorspan.

0
326
The Bulletin Newspaper

Nico van den Berg van die Sasol Secunda-stoeiklub is gekies vir die senior SA-stoeispan wat aan die Statebond-stoeikampioenskap gaan deelneem.
Dié kampioenskap vind van 15 tot 17 Desember in Carnival City se Big Top Arena plaas.
Daar gaan sover tien lande van die Statebond deelneem, onder andere Indië, Australië, Nieu-Zeeland, Pakistan, Engeland, Kenia en Nigerië.
Nico is die enigste stoeier van Mpumalanga wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse seniorspan. Die Statebond-stoeikampioenskap se uitslae gaan ook bepaal watter stoeiers deur SASCOC gekies gaan word om volgende jaar aan die Statebond Spele in Australië deel te neem.
Daar gaan op 15, 16 en 17 Desember in die oggende die uitdunrondes wees en elke aand vanaf 18:00 gaan daar in die eindstryde gestoei word en die medaljes gaan dan ook uitgegee word.
Toegang is R30 per persoon. Daar gaan “Live Streaming” wees elke dag.
Manie en Lollie van den Berg van Sasol Secunda-stoeiklub gaan die administrasie van die kampioenskap hanteer. Manie is in beheer van die Administrasie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here