Koorfees bring vreugde

Ouers se uitroepe van vreugde het elke einde van ā€˜n lied begroet.

0
171
The Bulletin Newspaper

Suiwer kinderstemme het Woensdagaand deur die lug gesweef en is met entoesiastiese applous ontmoet. Ouers se uitroepe van vreugde het elke einde van ā€˜n lied begroet. Kort-kort het ā€˜n kindergesigie weg gekyk of ma en pa nie net iewers gesien kan word nie, net om vrolik voort te sing.
Die HoĆ«veldgroep-koorfees het Woensdag 18 Oktober plaasgevind. Dit was aangebied deur Laerskool Goedehoop. Kore van vyf skole het deelgeneem. Die aand was opgedeel in ā€˜n junior koor-gedeelte en senior koor-gedeelte. Elke skool het twee kore laat deelneem, naamlik junior en senior koor.
Die kore was mooi afgerig en oor die algemeen goed afgerond. Elke koor het hulle woorde goed geken wat ā€˜n taamlike groot prestasie is. Elke koor was mooi eenvormig met mooi uniforms wat netjies vertoon het en hulle bewegings was goed ingeoefen.
Die kore het elkeen drie liedjies gesing wat gewissel het van geestelike liedjies tot meer tradisionele liedere. Uit die oproepe vanuit die gehoor is dit duidelik dat die gehoor dit terdeƫ geniet het. Die kinders het dit ook geniet en vrolik aan die optredes deelgeneem.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here