Hoëveld Eisteddfod reuse sukses

Dit is by die Kruik-gemeente gehou en 8 skole het deelgeneem.

0
376
The Bulletin Newspaper

Daar was Dinsdagaand duette, spreekkore, revue, dans, prosa en poësie by Sasol se Hoëveld Eisteddfod. Dit is by die Kruik-gemeente gehou en 8 skole het deelgeneem.
Die 5-jarige Johannes Coetzee het die gehoor stomgeslaan toe hy uitstap vir sy viool-solo. Al moes sy viool eers gestem word, het dit hom nie van stryk gebring nie en ná sy aankondiging het hy met alle gemak weggetrek op die wysie van Twinkle-Twinkle Little Star.
Leerlinge van Marietjieskool, TP Stratten Primary School, Hoërskole Oosterland en Secunda, en Laerskole Goedehoop, Oranjegloed, Trichardt, Secunda en Kruinpark het deelgeneem. Daar was ook verskeie dansgroepe, individue en pare wat deelgeneem het.
Die toekennings het gegaan aan Johannes Botha (Kleuter Victor Artium), Donovan Holder, Heindrich Strydom (albei Gr 1-3 Victor Artium), en Ava Fourie (Gr.1-3 Victrix Artium), Cabous Harmse (Gr. 4-7 Victor Artium), Chana Dunn (Gr.4-7 Victrix Artium), Ivan Botha (Gr 8-12 Victor Artium), Jantjie Harmse (Gr. 8-12 Victrix Artium) en Lana Hyman (Belowendste deelnemer).

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here