Ernst verteenwoordig SA

Ernst het in Divisie A (35- 40-jarige ouderdom) in die o/70kg-kategorie deelgeneem.

0
485
The Bulletin Newspaper

Die atmosfeer was oorweldigend toe Ernst Belingan (36) onlangs die arena binnegestap het om opponente op die stoeimat te ontmoet.
Dis hier in Plovdiv (Bulgarye) waar Ernst, ‘n besigheidsbestuurder van Sanlam in Secunda, vanaf 10 tot 15 Oktober Suid-Afrika in die wêreldkampioenskappe verteenwoordig het.
Stoeiers van Turkye, Iran, Rusland, Amerika, Japan, ens.was onder sy opponente voordat hy in die eindstryd vir 3de/4de plek moes uitstoei.
Ernst het in Divisie A (35- 40-jarige ouderdom) in die o/70kg-kategorie deelgeneem.
Donderdag het hy in die eindstryd in Grieks-Romeinse-styl teen die Rus, Ruslan Shogenov, vir die 3de/4de plek gestoei. “Dié styl is baie soos Judo, want jy werk met jou bolyf en mag glad nie jou bene gebruik nie. Ná ‘n uitputtende stryd het sy opponent hom egter 4-3 geklop.
Sondag was dit Vrystyl teen nog ‘n Rus,Konstantin Obukhov, waarteen hy ook vir die 3de/4de plek gestoei het. “In vrystyl word jy toegelaat om jou bene te gebruik,” vertel Ernst.
In dié wedstryd het hy en sy opponent gelykop gestoei 2-2, maar die Rus is as wenner gekroon omdat hy laaste punte aangeteken het.
Sy belangstelling in dié besonderse sport het as 6-jarige seuntjie begin en op 19-jarige ouderdom het Ernst vir die eerste keer sy senior Springbokkleure in beide style verwerf. Met dié kleure het hy die land op internasionale vlak verteenwoordig en het verskeie medaljes op die Afrika-kampioenskappe en ander internationale toernooie verwerf.
In sy laat twintigs het hy ‘n blaaskans van kompetisies geneem, maar was steeds betrokke by stoei, om sodoende eers op sy loopbaan en gesinslewe te konsentreer, maar na sowat 6 jaar was hy terug en reg om weer aan kompetisies deel te neem.“Ek gaan volgende jaar wéér deelneem,”het hy gesê.
Vroeg volgende jaar begin die voorbereidings vir die volgende wêreldkampioenskap wat tussen 27 – 30 September in Masedonië gehou word, maar vir die res van die jaar is dit eers rustyd.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here